SKERMGREEP Youtube

SKERMGREEP Youtube

Bekendes

Katy Perry kon nie ophou huil nie

Die Amerikaanse sanger Katy Perry kon nie haar trane keer nie toe sy onlangs op The Ellen Show verskyn.

Sy het een van die slagoffers van die Orlando-skietery ontmoet. Op 12 Junie was Tony Marrero een van vele in die gay-nagklub Pulse in Orlando, Florida, toe Omar S. Mateen (29) ingebars en begin skiet het. 49 mense is dood en 53 is gewond.

Tony is gewond en een van sy beste vriende, Luis Vielma, is in die voorval doodgeskiet.

Terwyl Tony in die hospitaal herstel het, het hy Katy Perry se musiek gebruik om hom krag te gee. Veral haar liedjie “Rise” het hom geïnspireer.

Kyk “Rise” se musiekvideo hier:

Ellen het spesiaal gereël dat Katy vir Tony ontmoet.

“Ek wil net vir jou dankie sê. Daardie liedjie se lirieke het my krag gegee terwyl ek in die hospitaal herstel het,” het ’n emosionele Tony aan Katy gesê.

Nie een kon ophou huil nie.

“Die lewe is nie maklik nie, so ’n mens het die klein bietjie verligting nodig,” het Katy gesê.

Katy Perry Twitter

FOTO Twitter / @katyperry

En toe gebeur iets ongeloofliks.

“Ek het gehoor jy wil filmskool toe gaan. En ek sal jou eerste jaar se studies ten volle betaal,” het Katy aan Tony gesê.

Kyk die ongelooflike onderhoud hier:

 Lees nou

Martha Stewart en Snoop Dogg slaap saam!

Jackie O op die silwerdoek

Dis die wêreld se perfekte en mooiste gesig!