FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Bekendes

Stian Bam – Kragtig & sensitief

Hy het in Engeland affodille gepluk, leer kook en selfs eende geweeg om geld te verdien . . . Maar toe vind Stian Bam sy nis. Om ’n rol te kan vertolk, enige rol, ‘selfs net om in die hoek te staan’. Vanjaar is hy in drie flieks en ’n toneelstuk by die KKNK te sien.

Hier volg ’n kort uittreksel uit SARIE se April-uitgawe . Nóú te koop.

By vanjaar se KKNK speel jy ’n “komplekse, aweregse” karakter in Pa, ’n vertaling van die jong Fransman Florian Zeller se aangrypende stuk oor ’n pa met Alzheimersiekte . . .

Dis ’n stuk waarmee baie mense hulle gaan vereenselwig. Die gehoor beleef die wêreld vir die grootste deel van die drama deur die oë van die hoofkarakter [Chris van Niekerk]. Hulle is aanvanklik sélf verward wanneer die verhoog geleidelik al hoe leër word. Maar my karakter, die skoonseun Pierre, is nie baie simpatiek teenoor die situasie nie. Hy verwerp dit as oumanspeletjies. Dis ’n veelvlakkige karakter om te speel. Ek geniet dit. Ek geniet dit eintlik om enigiets te speel, selfs om net in ’n hoek te staan …
Jy’t jou eerste prys*, die Fleur du Cap in 2006 as beste opkomende student, gebruik
om vir die eerste keer self jou Uno te laat diens. Dink jy ’n akteur kan ’n bestaan maak in ons land? 

Ek was baie bevoorreg gewees verlede jaar. Einde 2014 het ek geskiet aan Regardt van den Bergh se Uitvlucht, waar ek teenoor sy vrou, Clara Joubert, speel in ’n storie oor twee mense wat genees word deur ’n klein skooltjie. Daar was die KKNK, Modder en bloed en Craig Gardner se Bosoorlog-fliek, My Father’s War, waarin ek ’n pa en oudsoldaat is wat probeer uitreik na sy seun. Hierdie jaar word al drie flieks uitgereik. So ek bevind myself in ’n baie bevoorregte posisie. Maar tog is daar die werklikheid dat jy maande sonder inkomste sit. Dis ’n moeilike beroep en oorlewing bly ’n daaglikse stryd. En omdat jy nie heeltyd werk nie, loop jy die gevaar dat jou ambag daaronder ly. Acting is ’n craft en soos enige ander ambag moet jy konstant daaraan werk om dit te verbeter. Daar is, volgens my, ’n wanbegrip dat dit ’n kunsvorm is. Dat ons besig is met hoër kuns. Jou strewe moet wees om die ambag so te slyp dat jy dalk eendag met genoeg kennis en tegniek ’n kunswerk van waarde kan lewer. Ek is beslis nog nie daar nie.

*Vir sy spel in In glas is Stian vanjaar bekroon met die Fiësta vir beste akteur. Hy het sedert 2006 ook al twee Kannas gewen – in 2007 en 2008 – as beste akteur, ’n Ramkat-toekenning as beste manlike kunstenaar by die Innibos-fees in 2008, en ’n Fiësta as beste byspeler in 2013.

 KKNK: Pa deur Florian Zeller

FOTO: KKNK-program

Met: Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Ira Blackenberg en Benedikt Sebastian

Regie: Hennie van Greunen

Vertalers: Elouise du Toit en Naomi Morgan

Opsomming: André is 65 jaar oud. Anna, sy dogter, is ’n goeie dogter wat sorg dat haar pa alles het wat hy nodig het. Maar André se horlosie is (weer) weg en hy wéét dat Lara, sy versorger, dit gesteel het. André wonder ook oor Pierre, Anna se nuwe liefde, die man lyk vir hom arrogant en gevaarlik. En hy herken nie die stoel wat nou in sy sitkamer staan nie. En wie is die weird vrou wat soms maak asof sy Anna is? En waar is Elize, sy jonger dogter – daai een vir wie hy eintlik lief is? Een vir een gaan die liggies in André se kop af. Florian Zeller se snaakse, roerende wêreldtreffer is ’n studie van geheue, van familie en van herinneringe, en kry met ’n wêreldklas rolverdeling lewe in Afrikaans.

Afrikaans | Gesin R130 | 100 min. | SANW-ouditorium 24 MAART 09:00 | 25 MAART 14:30 | 26 MAART 09:00 27 MAART 14:30 | 28 MAART 19:30 | 29 MAART 09:00 30 MAART 19:30

Kaartjies is hiér te koop.

Vir die volledige onderhoud met Stian Bam koop SARIE se April-uitgawe.

APR april 2016 Rolanda Marais voorblad cover