Koekedoor copy
Bekendes

Koekedoor maak vanaand debuut op kassie!

Die wag is uiteindelik verby! Vanaand maak Koekedoor, ’n handelsmerk-uitbreiding van die gewilde program Kokkedoor, sy debuut op die kassie.

Oor die volgende dertien weke, op Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144 op DStv), soek die program na die land se beste bakker. Tien deelnemers sal vir tien bekende bakkers moet wys dat hulle die Koekedoor-kombuis waardig is.

Koekedoor beoordelaars

Koekedoor-beoordelaars

Knoffel-tarte tatin met spek-en-eier-roomys, glutenvrye rumkoek en sjokoladekoek met delikate bladgoud is enkele van die gebaksoorte wat hulle onder die knie sal moet kry, om met die eerste Koekedoor-titel weg te stap.

En SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, is vanaand een van die glans-gaste! 

Nóg glans-gaste

Carmen Niehaus, Callie Maritz, Wade van der Merwe, Daleen van der Merwe, Vicky Gurovich, Jacques Erasmus, Johnny Hamman, Fritz Schoon en Katrien van Zyl.

Indien jy óók nie langer kan wag nie, kyk hier na die voorskou-video.

Lees ook

Koekedoor – nóú vir bakkers!

Nuwe kykNET-kosreeksKoekedoor begin binnekort

Herman se ystervarkie-koek – stap vir stap