kykNET Silwerskermfees

Kortfilms by Silwerskermfees – deel 1

Die kykNET Silwerskermfees vind vanaf 27 tot 30 Augustus in Kaapstad en SARIE.com gaan daar wees. Ons wys vir jou al die sterre, die glans, deel foto’s vanaf die blou tapyt en gesels met van jou gunsteling kunstenaars.

KLIK hier vir die nuutste

Die Laaste ure

Uit meer as honderd teregstellings wat uitgevoer was in 1988 te Pretoria-Sentraal gevangenis, was net drie wit mense gewees. Een van hulle was die skaamtelose misdadiger Robert du Preez, ter dood veroordeel vir vele moorde en verkragtings. Robert hou egter voort dat hy ongeskuldig is. ‘n Laaste uur verdediging deur sy advokaat en sielkundige dat Robert gek is op grond van nuwe getuienis dat hy verskeie persoonlikheid versteurings het, het daartoe gelei dat die aanklaer vir die staat en ‘n regter met hulle vergader om te bespreek of die uitspraak omgekeer moet word. Robert se verdediging is egter onsuksesvol en hy moet in die daarop volgende oggend ure hang aan sy nek tot sy laaste asem uit is.

Op die vooraand van sy teregstelling, word sy laaste ure gedeel deur ‘n vermeende joernalis, Gert Visser, wat opsoek is na die oorsprong van Robert se psige, denkpatrone en alter ego wat hierdie grusame dade meegebring het. Die twee speel dramaties teen mekaar af. Is Robert gek? Bestaan Gert Visser werklik? Of is dit Robert se ongenaakbare gewete wat uiteindelik seëvier en hom tot besef bring.

Die-Laaste-Ure-KykNet-size-Poster-A1-1-723x1024

Almon, Henry

Wanneer Henry se ouers met vakansie vertrek, pas hy hulle huis langs ’n digte woud op. Terwyl hy een aand op die stoep sit en rook, hoor hy ’n stem vanuit die donker. Met nadere ondersoek, merk hy ’n geheimsinnige figuur tussen die bome op. Nog voordat Henry kan uitmaak presies wie en wat dit is, verdwyn die figuur die nag in.

Onseker of dit sy verbeelding was, probeer Henry uitvind wie die gesluierde wese is, maar die enigste ander persoon wat in die nabyheid woon, ontken die bestaan van so iemand.
Die geheimsinnige figuur begin die jongman snags dophou en uiteindelik word hulle lewens deur een onbesonne daad verweef.

almon-718x1024

Ben se Begrafnis

Ben, ’n alledaagse ou, sterf op die gholfbaan as gevolg van ’n frats-gholfongeluk. By sy begrafnis probeer sy vriende en familie almal tot verhaal kom en sy meisie, Charmozelle, is ontroosbaar. ’n Staking veroorsaak egter dat Ben se lykskouing eers ’n maand na sy begrafnis kan plaasvind – en dan word Ben uit die bloute wakker net voordat die lykskouing kan gebeur. Ben ontsnap en keer terug na sy familie. Maar niks kon die ontnugterde Ben voorberei op dit wat hy by die huis sou aantref nie…

BEN-SE-BEGRAFNIS_MOVIE-POSTER-727x1024

Eenrigting

Jane is oppad om haar penmaat, ADAM, wie sy nog nooit ontmoet het nie, by ‘n koffiewinkel te gaan ontmoet. Soos sy oor die eenrigtingstraat voor die koffiewinkel stap, ry ‘n groot kar wat in die verkeerde kant van die eenrigting opry, haar dood voor sy vir Adam kan ontmoet.

Jane raak dan in die hemel wakker, en maak ‘n groot bohaai omdat dat sy so jonk en onregverdig oorlede is. Die hemel se bestuurder, Paul, stuur haar dan terug aarde toe, maar ongelukkig as iemand anders. Jane raak as ‘n sexy, jong blonde vrou wakker en besef vinnig dat sy nou ‘n getroude vrou is en dat haar man Adam is, die man wie sy by die koffie winkel moes ontmoet. Sy jaag na die koffiewinkel om hom te konfronteer en uit te trap omdat hy oneerlik was.

eenrigting-720x1024

Liefdeslobotomie

Zander van Zyl is ‘n onkreatiewe bleeksiel. Hy dink met sy logiese linkerbrein en kies ‘n grys wêreld. Sy enigste vriend, Marcus Meintjies, is ʼn luidrigtige ekstrovert met ‘n sin van humor en ‘n liefde vir mense – veral vir sy goedhartige vriend, Zander. Marcus probeer vir Zander uit sy groef kry en oorreed hom om ‘n biertjie ná werk te geniet. Dis waar Zander vir die oulike, kleurvolle, kunstige Lalie ontmoet.

Zander besluit om drastiese stappe te neem om Lalie te beïndruk en danksy Marcus gooi hy sy hele lewe omvêr. Só word Zander met homself gekonfronteer en moet hy besluit of verandering vir hom werklik geluk gaan bring en of dit hom in ‘n ewige omwenteling van twyfel gaan instuur?

Liefdeslobotomie-2-722x1024

Neem My Saam

‘n Storie van liefde,verhoudings en die mense wat saam met jou die pad stap…

Hannah is ‘n lewenslustige jong meisie wat liefde vind in ‘n plek waar sy nooit verwag het sy sal nie. Hannah (Jenna Dunster) en Riaan (Jacques Bessenger), die liefde van Hannah se lewe, spandeer hulle tyd saam deur stories op te maak. Ongelukkig is wat Hannah wil hoop vir die mense om haar, baie anders as die realiteit. As jy saam met dieselfde mense gesit het, en jy klaar alles van hulle weet, kan jy naderhand nie nuwe stories oor hulle uitdink nie. Maar jy kan jou verbeel hoe hulle sou klink.

jennaposter1

 Stom

Ma-wees is nog altyd Vrou se grootste droom, maar ongelukkig blyk sy en haar Man deel te vorm van die stygende syfer onvrugbaarheidstatistieke. Tot op ‘n wonderwerkdag… Wanneer Vrou geboorte skenk aan n seuntjie draai haar wêreld skielik kop onderstebo. Teen alle verwagting en voorbereiding word Vrou getakel deur n donker wolk van nageboorte-depressie. Haar ligaam, tyd, emosies en spasie is nou onherroeplik, onlosmaaklik iemand anders s’n. Die genadige geskenk van bo, die spesiale, intieme lewensseisoen is vir Vrou onverklaarbaar swaar, emosieloos en frustrerend. Sy wou alles so graag reg doen, maar niks werk uit nie. Sy kan sien hoe haar mislukking as ma besig is om die mense rondom haar, haar diepste geliefdes, se lewens te ruïneer. Hulle is tog sekerlik beter af sonder haar, of hoe…?

stom-731x1024

 

Vuil Wasgoed

Wim en Kevin werk in ‘n wassery. Hul kikker hul armsalige vervelige lewens op deur saans hul kliënte se gewasde klere aan te trek en partytjies te crash. Hul gee die klere die volgende dag eenvoudig net terug en gaan aan asof niks gebeur het nie. Dis maklik. Dis goedkoop. Dis cool. Een dag bring ‘n misterieuse man sy pak in om skoongemaak te word. Kevin soek ‘n pak wat sy oogappel, Niki, sal beïndruk by ‘n formele funksie. Hy besluit die pak sal die ding doen, trek hom aan en by die partytjie probeer hy sy move te maak… net toe ontdek hy ‘n koue afgekapte vinger in die baadjie se sak. Hy en Wim skarrel terug wassery toe, net om te ontdek dat die misterieuse man hulle inwag… met ‘n snoeiskêr…

vuil_wasgoed-poster2-723x1024

KLIK hier vir DEEL 2 van die Kortfilms

rsrc