Beurtkrag-724x1024
kykNET Silwerskermfees

Beurtkrag – kykNET Silwerskermfees 2015

Jasper en Fransie trek saam in ’n woonstel in. Hulle is die perfekte paartjie in die perfekte woning, maar ’n kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie af en nader aan mekaar. Kort voor lank is daar niks meer tussen hulle buiten hul eie opinies, vrese en die onbekende toekoms nie. Die op-die-oog-af ‘perfekte’ verhouding word skielik onder ’n vergrootglas geplaas en vat vlam. Is die vuurtjie knus en koesterend of uiteindelik die verwoesting van hulle verhouding?

Beurtkrag is ’n verhoudingsdrama wat handel oor die kwesbaarheid tussen geliefdes en is daarop gemik om die meer outentiek intieme aspekte van verhoudings te ontbloot. Wat gebeur wanneer die deur na die buitewêreld toegemaak word en ons vir ’n oomblik mekaar opreg en ten volle moet beleef?

Die een wat die minste omgee het die meeste mag.

Regisseur: Tina Kruger
Skrywer: Stiaan Smith
Vervaardigers: Stiaan Smith, Tina Kruger, Bouwer Bosch en Rachelle Crous
Met: Stiaan Smith en Lilani Prinsen

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.