kykNET Silwerskermfees

Debuutfilms 2014

Die kykNET Silwerskermfees vind vanaf 27 tot 30 Augustus in Kaapstad en SARIE.com gaan daar wees. Ons wys vir jou al die sterre, die glans, deel foto’s vanaf die blou tapyt en gesels met van jou gunsteling kunstenaars.

KLIK hier vir die nuutste

Seun

MET
Candice Weber, Chanté Hinds, Chris de Clerq, Christine van Reenen, Deanre Reiners, Edwin Gagiano, Elzette Maarschalk, JC Snooke en Janus Prinsloo
REDIGERING:
Byron Davis
VERVAARDIGERS:
Christianne Benneto en Diony Kempen
REGISSEUR:
Darrell James Roodt
UITVOERENDE REGISSEUR:
Deon Meyer

seun
Dis die jaar 1981. Suid-Afrika is in chaos gedompel as gevolg van die land se apartheidsbeleid. Jong skoolverlaters word
gewerf vir diensplig, om te leer om te moor en opgeroep te word na die grens om weerstand te bied teen die “Kommunistiese Gevaar”. Paul is een van hierdie seuns. Hy is die enigste seun van Johannes en Aletta, wat boer in die Karoo. Sy ouers is trots op hom en sy ma is tipies ’n moederhen wat kloek om haar seun (partykeer dalk te veel).
Die storie begin wanneer Paul terugkeer plaas toe vir die Desember-vakansie nadat hy gematrikuleer het. Die wete dat hy in die nuwejaar sy diensplig moet begin, laat Paul besef dat hy elke oomblik van die vakansie moet laat geld. Paul is slim, aantreklik en ambisieus. Hy het drome van dokter word en het altyd ’n glinster
in sy oë.
Annemarie is die mooi dogter van die buurplaas, ’n jaar jonger as Paul en dié twee raak verlief tydens die vakansie. Dis ware liefde, wat hulle vir altyd sal bybly. Te vinnig is die vakansie verby en Paul moet aanmeld vir diensplig. Kort voor lank word hy opgeroep grens toe, waar hy beseer word. Paul is van die nek af verlam.
Paul keer weer terug plaas toe, waar sy reis begin om die stukkies op te tel en ons sien hoe die mense wat hom liefhet, gekonfronteer word met Paul, wat nou permanent bedlêend is, en hoe dit hul verhoudings beïnvloed.
THE BAY HOTEL, ROTUNDA. 27 AUG. – 20:00

Balbesit

MET Neels Coetzee, Mark Hoeben, Brendon Daniels, Albert Pretorius, Ludwig Binge, Bongi Mantsai, Marlo Minnaar, De Klerk Oelofse, Lizo Tshaka, Carel Nel, Siphesile Mdena, Christiaan Olwagen, Thembekile Komani, Geon Nel, Piet Beyers, DJ Mouton, Andile Vellum, Kyle Seconna, James MacGregor, Michael Wallace, Themba Mbuli, Wessel Pretorius en Douglas Griffiths

UITVOERENDE PRODUKSIEVERVAARDIGER:
Saartjie Botha

LYNVERVAARDIGER: Eva du Preez

REGISSEUR: Jaco Bouwer

TEKS: Saartjie Botha

KINEMATOGRAAF: Michael Cleary

REDIGERING: Jaco Bouwer en Eva du Preez

balbesitf

Balbesit het grense verskuif as teaterproduksie, en regisseur Jaco Bouwer neem dit selfs verder in die verfilming van dié bekroonde produksie op die verhoog van die KunsteKaap-teater. Dit is verfilm as teaterstuk, maar dit word ook ’n dokumentêre tydsdokument en baan die weg om anders oor teater te dink en daarna te kyk. Dit bied ’n sonderlinge blik op aktuele sake: sosiale media word betrek om ’n uiteenlopende groep jong stemme aan die woord te stel. Baie van die dialoog is geneem uit die kommentaarbladsye van nuuswebwerwe. Anoniem, onder ’n skuilnaam, gesigloos word daar geredeneer, verkondig, uitgetart. Om gehoor te word. Om gesprek te hê.

Grond, gebed, rugby. Manlike identiteit, die stand van ons demokrasie, ras, inkomste
en kultuur kom onder die loep. Die plek van Afrikaanses – en Afrikaners – in die hier en nou van Suid-Afrika word ondersoek. Musiek, sang en beweging word saam met die dialoog ingespan om aanval na aanval te loods, die toeskouer word as’t ware die teenstander teen wie daar gespeel word.

Dis 80 minute se aksie, met die hele ensemble wat bekroon is met ’n Kanna-toekenning vir hul uitmuntende spanwerk, en ’n Naledi-toekenning vir grensverskuiwende werk.

Hard to get

WITH Pallance Dladla, Thishiwe Ziqubu, Pakamisa Zwedala and Israel Makoe

PRODUCERS: Helena Spring and Junaid Ahmed

CO-PRODUCER: Gillian Pearson

SCREENPLAY: Zee Ntuli and T.T Sibisi

DIRECTOR: Zee Ntuli

CINEMATOGRAPHER: Tom Marais

EDITOR: Nicholas Costaras

hard to get

When Skiets, an enigmatic, beautiful stranger walks into a small rural township tavern and demands a beer, TK, a charming local lothario sets out to seduce her in order to prove his prowess to the locals. When she spurns his attentions, he falls head over heels for her. However, Skiets is a dark horse and breaks TK’s heart when she returns to the tavern the next night on the arm of Mugza, the local hood! But…when Mugza discovers that Skiets has stolen his car keys and intends to make off with his most precious possession, he erupts. TK steps in to defend Skiets and before he knows it he is on his way to Johannesburg and the bright city lights with her… in the car that Mugza treasures above all else!

Step in Gumede, a sophisticated, wealthy and dangerous crime lord who takes them under his wing when Skiets catches his eye. Skiets recognizes the type and is reticent to accept Gumede’s money but TK is only too happy to spend it without any thought of the payback that will inevitably follow. When Gumede makes a move on Skiets, TK, sick with jealousy, decides to rob one of Gumede’s own stores and pay him back with his own money. The action, mystery, love and drama continues…

THE BAY HOTEL, ROTUNDA. 28 AUG. – 18:00

Leading Lady

WITH
Katie McGrath, Bok van Blerk, Gil Bellows, Brümilda van Rensburg, Craig Palm, Mary Twala, Eduan van Jaarsveldt, André Stolz, Ilze du Plooy and Jana Strydom
PRODUCERS:
Llewelynn Greeff and Henk Pretorius
WRITERS:
Henk Pretorius and Tina Kruger
DIRECTOR:
Henk Pretorius
EXECUTIVE PRODUCERS:
Llewelynn Greeff, Henk Pretorius, Barend Kruger, Elzabe Kruger, Chris and Isabel Laas and Serena Cullen
PRODUCTION DESIGN:
Esme Viviers
EDITOR:
Warwick Allan
leading lady
Leading Lady tells the story of an idealistic British drama school teacher, Jodi Rutherford, who persuades a cynical South African farmer, Kobus Willemse, to prepare her for a role in a major film as an Afrikaans war heroine. In return Jodi
undertakes to direct the annual concert on the Willemse farm. Jodi’s interaction with the quirky small-town citizens and the stubborn Kobus, teaches her that: “There is more to life than lights, camera…and… action!”
Or is there…?
When Katie McGrath read the script of Leading Lady, she replied that she will be getting on a plane to come to South Africa in order to act opposite Bok van Blerk, everyone felt that local is getting a lot more “lekker”! One needs to remember that this remarkable actress recently shared the screen with Hollywood A- lister Jonathan Rhys Meyers in Dracula
.
The film is directed by Henk Pretorius (Fanie Fourie’s Lobola, Bakgat) and produced by Llewelynn Greeff and Henk Pretorius.
THE BAY HOTEL, ROTUNDA. 29 AUG. – 18:00

 

Hollywood in my huis

MET
Christia Visser, Edwin van der Walt, Nicola Hanekom, Louw Venter, Leandie du Randt, Viljé Maritz, Elana Afrika Bredenkamp, Francois Jacobs, Kelly-Eve Koopman, Ludri Kay, Thanja van Deventer, Estelle Terblanche, Lida Botha, Marga van Rooy, Derek van Dam, Liezel van der Westhuizen, Deirdré Wolhuter, De Klerk Oelofse, Joseph Mitchell en Lushwill Rossouw
VERVAARDIGERS:
Dylan Voogt, Saskia Schiel en Vlokkie Gordon
UITVOERENDE VERVAARDIGERS:
Jan du Plessis, Karen Meiring, Jesse van der Merwe en Sarel van Niekerk
MEDE-SKRYWER EN MEDE-VERVAARDIGER:
Rene van Rooyen
KINEMATOGRAAF:
Zenn van Zyl
REDIGEERDER:
Roshni Haraldson
hollywoodin my huis
Hollywood in my Huis is ’n tienerkomedie met ’n sterk liefdesdriehoek, wat afspeel tydens 2004 se matriekafskeid in Suid Afrika. Jana van Tonder is ’n doodgewone tienermeisie wat aan die “verkeerde kant” van die treinspoor saam met haar disfunksionele ouers woon. Dis wanneer Charlize Theron die Oscar wen, dat Jana geïnspireer word om die matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet”- glansgeleentheid te omskep! Intussen verbreek Jana se geheime crush‚ Brandon, die skool se hartebreker en tenniskampioen, sy verhouding met Angelique, die skool se gewildste meisie. Jana moet nou die moed bymekaarskraap om hom na die dans toe te vra, maar dis net dan dat Frikkie – haar beste pel, besluit om sy ware gevoelens vir haar te wys.
Die matriekafskeid is net ’n maand weg en Jana het ’n moeilike besluit om te neem tussen haar beste pel… en haar droomkêrel.
THE BAY HOTEL, ROTUNDA. 29 AUG. – 20:30

 

Abraham

MET D.J. Mouton, Hannes Muller, Chantell Philipus, Franci Swanepoel, Jill Levenberg, Jackie Latti, Frans Lucas en Jans Rautenbach

VERVAARDIGER: Gustav Kühn

REGISSEUR: Jans Rautenbach

TEKS: Jans Rautenbach

REDIGERING: Pieter Lombaard

abraham

Jans Rautenbach se Abraham vertel die storie  van ’n beeldhouer van Vlakteplaas naby Oulap, Rautenbach se blyplek. Die beeldhouer probeer  ’n jong Rautenbach bëindruk met sy kuns, met  verreikende gevolge. Rautenbach se eerste film in meer as 30 jaar is sy mees persoonlike film:  ’n uiters sensitiewe en roerende blik op mense aan die rand van die samelewing, die krag van die kreatiewe proses, die versugting om gehoor te word en menslike verhoudinge in al hulle skakeringe. Dit is ’n liriese blik op die drome van

Die spook van Uniondale

MET
Adam Tas, Tanya van Graan, Ivan Zimmermann, Christina Knight, Tobie Cronje, André Stolz, Nelda Janse van Rensburg, Christina Storm, Jakkie Louw, André Schwartz, Thyla Botha en Ruby Small
REDIGERING:
Bruce Mclaren-Llyle
UITVOERENDE VERVAARDIGER:
Paulo Areal
VERVAARDIGERS:
Paulo Areal, Pierre Smith en Dumi Gumbi
DRAAIBOEK:
Pierre Smith en Willemien Storm
STORIE:
Pierre Smith en Marius Strydom
REGISSEUR:
Pierre Smith
uniiondale
Agter elke groot liefde is ’n intieme storie. In elke liefdesverhaal is ook ’n verhaal van hartseer en bitter pyn. Stefan, ’n jong sakeman op pad na sy ouers in die pragtige Baviaanskloof, se Paasnaweekplanne verander drasties wanneer sy voertuig net buite Uniondale gaan staan. Stefan kry dit reg om tot in die dorpie Willowmore te kom waar hy hom in ’n paar gure karakters vasloop. Hy leer van die ontstaan van die legende van die spook van Uniondale. Dit is die storie van Johan (Ivan Zimmermann) en Marie (Tanya van Graan) wat van kleintyd af gekys was en uiteindelik mekaar in die huwelik vind. Stefan ontmoet ook ’n jong boeremeisie Sonja (Nelda Janse van Rensburg) op die dorp, die aantrekkingskrag tussen hulle lyk ook belowend.

THE BAY HOTEL, TENT. 28 AUG. – 20:30

 

Die Ontwaking

MET Gys de Villiers, Juanita Velts, Paul Eilers, Bradley Olivier, Gérard Rudolf, Solomon Cupido, Tertius Meintjies, Morné Visser, Jaco Muller, Barbara-Marié Immelman, Natasha Drayden en Armand Auccamp
REGISSEUR:
Johnny Breedt
REDIGERING:
Mandy Roberts
VERVAARDIGERS:
Vlokkie Gordon, Charon Landman en Greig Buckle
ontwaking

Abel Lotz bewerk velle van diere om te verruil vir die maskers en Tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika, wat hy in sy galery in Kaapstad verkoop. Abel het grootgeword met sy ma se waarskuwings teen die lus en wellus van vroue, sowel as teen sonde. Abel se pa en broer Maansie, albei groot drinkers en hoereerders, word deur die jong  Abel “verwyder”.

As volwassene, soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. Hy eksperimenteer met jong dames en oes hul tatoeëermerke. ’n Liggaam word ontdek by ’n sportterrein en Ella Neser, ’n jong speurder is die ondersoekbeampte in
haar eerste moordsaak.
Sy kom vinnig agter dat sy moontlik met ’n reeksmoordenaar te doen het. Abel is baie uitgeslape en die jong speurder sukkel met die saak. Vir Abel se vyftigste verjaarsdag wil hy vir homself ’n nuwe gesig gee. Dié van ’n vrou, dalk die van ’n jong speurder. . .
THE BAY HOTEL, TENT. 28 AUG. – 18:00

 

Suurlemoen

MET
Tiaan Kelderman, Ben Pienaar, Aimee Ritchi, Pearl Monama, Chris Chameleon, Anna Davel, Renaldo Botha, Luan Jacobs, Leslie van Wyk, Jürgen Hellberg, Sallas de Jager, Neil- Bennet Grib, Dirk Stolz, Kona Brown, Leroux van Diemen, Monica Muller, Lynmari Alberts, Dylan van Tonder en Devon Hofmeyr
UITVOERENDE VERVAARDIGERS:
André Scholtz en Lukas van der Merwe
REGISSEUR:
Vikus Strijdom
VERVAARDIGER:
Niel van Deventer
KINEMATOGRAFIE:
Justus de Jager
REDIGERING:
Christiaan Scheepers
PRODUKSIEBESTUURDER:
Tascha van der Westhuizen
ROLPRENT BASEER OP ’N BOEK VAN
Jaco Jacobs, Lapa Uitgewers (deel van die ATKV-groep).
DRAAIBOEK:
Vickus Strijdom

suurlemoen
Suurlemoen! sal jou kiewe laat saamtrek van lekkerte! Die film is geïnspireer deur Jaco Jacobs se gelyknamige baie suksesvolle jeugboek en vertel die storie van twee tieners, Tiaan en Zane, wat lief is vir skaatsplankry, blog en kitaarspeel. Wanneer hulle egter in die moeilikheid by die skool beland, word hulle skielik met keuses gekonfronteer wat sal bepaal of hulle as helde of skurke aan die anderkant gaan uitkom… Die pad wat hulle kies om te stap, is een van avontuur, hartstog en rock & roll, maar in die proses leer hulle waardevolle lewenslesse.
Dis ’n storie vir die hele gesin wat handel oor grootword, verantwoordelikheid neem vir jou keuses en drome wat waar kan word as jy dit hard genoeg jaag… Suurlemoen! sal jou laat lag en huil, want die lesse van die lewe is maar altyd ’n soet-suur spul! En as die lewe jou suurlemoene gee; maak lemonade!
THE BAY HOTEL, TENT. 28 AUG. – 09:30

 

  • Andreas Meyer

    “Dis die jaar 1981. Suid-Afrika is in chaos gedompel as gevolg van die land se apartheidsbeleid. Jong skoolverlaters word gewerf vir diensplig, om te leer om te moor en opgeroep te word na die grens om weerstand te bied teen die “Kommunistiese Gevaar”.”
    Daar is soveel verkeerd in die eerste sinne. Ongelooflik:
    – Suid-Afrika is nie as gevolg van “Apartheidsbeleid” in chaos gedompel. Die onruste was deel van die trop wat ons nou plunder se strategie van “people’s war”
    – Jy word nie gewerf vir diensplig, maar opgeroep agv. die wet wat dit bepaal.
    – Jy word nie “geleer om te moor”, maar opgelei om oorlog te maak teen ‘n vyand.
    – Geen Rede om “kommunistiese gevaar” tussen hakkies te sit nie (om dit te ontken?). Dit was ‘n daadwerklike bedreiging soos wat dit elders in Afrika gesien kon word. Die SADF het ons daardie lot tot nou bespaar.