kykNET Silwerskermfees

Dokumentêre films by Silwerskermfees

Die kykNET Silwerskermfees vind vanaf 27 tot 30 Augustus in Kaapstad en SARIE.com gaan daar wees. Ons wys vir jou al die sterre, die glans, deel foto’s vanaf die blou tapyt en gesels met van jou gunsteling kunstenaars.

KLIK hier vir die nuutste

Basia’s Kaddish

‘n Suid-Afrikaanse berader vir volksmoordoorlewendes reis na Pole waar hy twee Poolse Jode oorlewendes ontmoet wat positiewe stories vertel van hoe hulle gered is.

jew
Boots on the Ground

Boots on the Ground is die verhaal van veldwagters in Suid-Afrika wat teen wildstropery is – die weermag van die diere. Renosters is vinnig aan die uitsterf in Afrika as stropers met hoog-aangedrewe wapens deur die bosse sluip en en renosters vir hulle horings jag. Boots on the Ground is ‘n storie oor die bloed, sweet en trane van jong mans wat die gemak van die huis opoffer om deur ‘n streng 40-dae anti-stropery veldwagteropleiding te gaan, en dan op patrollie in die bos gaan om die renosters te red.

boots-on-the-ground-723x1024

Cracking the Code

Driekopseiland is ’n magiese plek met duisende rotsgravure nie ver van Kimberley in die Noordkaap nie. Die bykans 4 000 tekeninge is meesal abstrakte petrogliewe van die geometriese soort. Dekades lank probeer argeoloë, antropoloë en selfs kunstenaars die betekenis hiervan ontsyfer. Sommige meen dat mense van ander kontinente die kunstenaars is. ’n Gewilde verklaring is dat die mitiese waterslang ’n sentrale rol in die skepping van die gravure gespeel het. Tog meen ander dat dit waarskynlik net jong meisies se viering van die eerste tekens van puberteit was. Wat wel seker is, is dat geen besoeker hierdie wonderlike plek onaangeraak verlaat nie. Die video is in 2013 deur Carla Henriët vervaardig as deel van haar MA-graad in Dokumentêre Video aan die Noordwes-Universiteit.

JPEG-image

Ek, Afrikaner

Verfilm oor nege jaar, Ek, Afrikaner is ‘n moeilike en intens persoonlike portret van ‘n gesin wat vasgevang word in ‘n onopgeloste konflik. Dit verken die houdings, ervarings en emosies van vier generasies van boere soos hulle vir ‘n toekoms in ‘n onsekere landskap voorsorg probeer tref, die film behandel met groot subtiliteit die kwessies van blank-wees in die landelike post-apartheid Suid-Afrika. Elke generasie het ‘n karakter wat verteenwoordigend van ‘n era is – verlede, hede en toekoms. Teen die agtergrond van die hoogs omstrede kwessie van grondeienaarskap, is die film beide ‘n letterlike en figuurlike stryd om eienaarskap van spasie uit te beeld.

AFRIKANER_FINAL_A1-728x1024
Op die Spore van Renosters

Oor die afgelope jaar was daar baie verwikkelinge in die stryd teen renosterstropery in Suid-Afrika. Met oor die 1,000 renosters wat verlede jaar uitgewis is, ondersoek die regering nou alternatiewe oplossings vir hierdie slagting.

Terwyl die beleid en wetgewing debateer word en die aanvraag na renosterhoring geen einde het nie, veg toegewyde teenstropings-eenhede, wildbewaarders en forensiese ondersoekspanne die bloederige stryd op die grond.

Hierdie kortfilm is oorspronklik as twee insetsels op die televisieprogram 50|50 uitgesaai waar omgewingsjoernalis Bonné de Bod by die teenstropings- en forensiese spanne se daaglikse aktiwiteite aansluit.
Renosters-Poster-2
Oppikoppi

Deon Maas het hierdie dokumentêre film oor Oppikoppi se twintigste bestaansjaar gemaak.

valiant_475
Putsonderwater

Oral in die droë dele van Suid-Afrika kry mens dorpies en nedersettings wat iets met dors en die soek na water te doen het. Neem byvoorbeeld Varskans, Bitterputs, Graafwater, Loeriesfontein en ook Putsonderwater. Hierdie gehuggie tussen Kenhardt en Groblershoop in die Noordkaap is in die begin van die vorige eeu deur Skotte neffens ’n spoorwegstasie ontwikkel. Met die agteruitgang van die platteland en die spoorwegstelsel het Putsonderwater ‘n spookgehuggie geword. Maar elke sinkgeboutjie kan ’n diep menslike storie vertel. Marcell le Grange, as deel van haar MA-graad in Dokumentêre Video aan die Noordwes-Universiteit, het sommige van die oudinwoners opgespoor en hulle herinneringe aan die goeie ou dae in Putsonderwater gedokumenteer. 

putsonderwater-682x1024
SA Bloody Miracle

Hierdie jaar vier die 20ste herdenking van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing wat in 1994 gehou is. Soos die wêreld voorberei om dit te vier, is dit moeilik om te glo dat die ‘Mandela-wonderwerk’ byna nie gebeur het nie. 

Wat geskiedenis egter vergeet, is dat tydens die laaste jaar van apartheid, Suid-Afrika op die randjie van ‘n ramp was terwyl sekere groepe probeer het om die eerste vrye verkiesing omver te werp.

Nou vir die eerste keer gaan die wat verantwoordelik was vir talle sterftes en wydverspreide chaos verduidelik hoe hulle byna die land op sy knieë gebring het.

1994-poster-723x1024
‘n Song vir Emily

‘N SONG VIR EMILY is ʼn vollengte biografiese dokumentêre program oor die lewe van die Engelse filantroop Emily Hobhouse na aanleiding van die 100 jarige herdenking van die onthulling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 2013. 

Haar geskiedenis word oorvertel deur die rockmusikant, komponis en sanger Karen Zoid, wat op ʼn ontdekkingstog vertrek om die plekke waar Emily geleef het self te ervaar. 

Die doel van die reis is om inspirasie te vind vir ʼn “song” vir Emily wat Karen wil skryf en word visueel versterk en gebind deur unieke argiefmateriaal uit die periode om ʼn vloeiende moderne hedendaagse storie te vertel. Karen herleef sekere insidente in Emily Hobhouse se veelbesproke lewe en probeer om uit haar persoonlike perspektief sin te maak daarvan. 

Sy ondersoek die relevansie van hierdie stuk geskiedenis, ʼn eeu na die onthulling van die Vrouemonument wat Emily Hobhouse sou waarneem en waar sy begrawe is. 

“In ons geskiedenis is sy ʼn heldin wat uit die goedheid van haar hart en vele ontberings duisende vroue en kinders se lewens gered het. Ons skuld haar baie.”

song-vir-emily-761x1024

Turf War: Lions and Hippos

Hierdie film volg die lewens van ‘n trop leeus in ‘n wêreld wat deur drieton reuse gedomineer word. Afrika se Luangwa-vallei is ‘n plek vol van drama en kontras. Dit is ‘n plek waar ‘n jaarlikse gebeurtenis lewe en dood bring.

Vir ‘n leeu wat in die konstante teenwoordigheid van seekoeie leef, wag ‘n gevaarlike wêreld. Met die aanhoudende druk van ‘n droë seisoen is die grootste dillema om nog ‘n seisoen te oorleef terwyl hulle ook uit die pad van gevaarlike, geirriteerde seekoeie moet bly.

Twee klein leeuwelpies word tussen al hierdie dinge groot. Hulle kanse op oorlewing tussen hierdie reuse is skraal, maar hulle ma is toegewyd en doen alles in haar mag om te verseker dat hulle oorleef. Soos hulle hulle weg deur die droë seisoen veg, ondervind ma en welpies moeilikheid en opofferings wat die tawwe Luangwa-winter meebring…

TW-Poster-716x1024

Unearthed

Wanneer Jolynn Minnaar eerste van ‘fracking’ in die Karoo, haar tuisomgewing, hoor, was sy optimisties. 

Maatskappye wil in hierdie semi-droë gebied van Suid-Afrika boor en het belowe dat die nuwe proses van brandstof-ontginning ‘n veilige, beproefde een was – ‘n proses wat rykdom vir hierdie arm plattelandse gebied sou bring.

Nadat Jolynn egter afgekom het op ‘n geval van gerugte waterbesmetting in Pennsylvania, begin sy dit te ondersoek in Amerika, die tuise van ‘fracking’ tegnologie – opsoek na antwoorde. Haar ontdekkings maak haar egter baie bang. 

Nadat die Suid-Afrikaanse regering die tydelike verbanning van ‘fracking’ gelig het, jaag Jolynn teen tyd om haar bevindinge bekend te maak – voordat dit te laat is.

Unearthed-Poster_DIFF-723x1024