a
kykNET Silwerskermfees

Dominee-Truuks – kykNET Silwerskermfees 2015

Melissa Strydom, ’n stil en stemmige skoonheidsterapeut, bevind haarself in ’n ongemaklike situasie wanneer ’n kliënt sy laaste asem in haar alter ego, Wiks-my-Wilma, se strafkamer uitblaas. Hugo Niemand, Melissa se kêrel, is salig onbewus van haar beroepskeuse en Melissa wil dit graag so hou.

Sy kan nie haar ouers om hulp roep nie! Haar ma, Beatrice Strydom, lei dan die Bybelstudie-groepie en is hoeka vreeslik ontstig dat Melissa en Hugo saam ingetrek het voor die knoop deur gehaak is. Haar té eng pa, Willie Strydom, sal homself nooit aan só iets verbind nie. Boonop het hul nog nie eens ’n uitnodiging na Melissa se nuwe woning ontvang nie.

Hoe nou gemaak? Die volgende kliënt is op pad en die lyk moet uit!

Regisseur: Anel Stolp
Skrywers: Lizé Vosloo en Rojean Serek
Vervaardiger: Lizé Vosloo
Met onder andere: Rojean Serek, Henriëtta Gryffenberg, Jürgen Hellberg en Philip Moolman.

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.