a
kykNET Silwerskermfees

Hartloop – kykNET Silwerskermfees 2015

Janke neem aan vandag is ’n doodnormale dag vol takies om af te handel voor die son sak. Vandag is egter nie net nóg ’n dag in haar middelklas-bestaan nie, want vandag word Janke gekaap.

Binne ’n oogwink word Janke uit haar 4×4 gepluk – mans, gewere, wiele wat raas. Janke lê verwese en verlore op die nuutgeplante gras buite haar suburbia-huis en kyk hoe haar kar vinnig verdwyn.

So begin Janke hardloop, en dit is die een ding wat die kapers nie van haar weet nie: Hulle weet nie wat Janke sal prysgee om daai kar te vang nie.

Regisseur: Jody J Abrahams
Vervaardigers: Diaan Lawrenson, Jody J Abrahams en Christopher Olley
Skrywer: Diaan Lawrenson
Met o.a. Jana Strydom, Jacques Bessenger en Vincent de Koker

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.