a
kykNET Silwerskermfees

Jan Umkhwetha – kykNET Silwerskermfees 2015

Jan en Jabu se verhouding, van kindsbeen af, was gebou op suiwer ideale en waardes. Daar was geen oordeel tussen hulle nie, ten spyte van die omstandighede in ’n land waar vryheid ’n groot prys gehad het. Gedurende dié jare was so ’n vriendskap moeilik en ingewikkeld, maar nie vir Jan en Jabu nie. Hulle het altyd ’n manier gevind om verby oordeel te kyk. Niks kon tussen hulle kom nie – of so het hulle gedink.

Dertig jaar na die gebeurtenis wat hul vriendskap gekos het, kruis Jan en Jabu se paaie weer in die Transkei. Nou al in hulle sestigs, lê die seer en kwaad nog vlak binne Jabu.

Ons volg dan ook vir Jan op sy reis, nie net om Jabu om vergifnis te vra nie, maar ook die soektog na wat dit beteken om groot te word, om die verlede agter jou te sit en eens en vir altyd aan te beweeg.

Regisseur en draaiboek: Brent Rumble
Storie: Brent Rumble en Fiela Jonck
Vervaardigers: Fiela Jonck en Jac Williams
Met o.a. Ian Roberts en Patrick Ndlovu

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.