a
kykNET Silwerskermfees

Kleingeld – kykNET Silwerskermfees 2015

AJ, ’n jong petroljoggie sonder selfvertroue, is dolverlief op Corey, ’n pragtige kassier. Een aand vind AJ uit dat dit Corey se laaste aand by die werk is. Die nuus vang AJ onkant; hy het nou net tot sonop om Corey te vertel hoe hy oor haar voel.

In ’n wêreld waar jy geoordeel word deur jou posisie by die werk, lyk AJ se kanse baie skraal. Om dit alles te kroon hoor AJ dat Corey glo na werksure gesien is saam met Andrew, die arrogante junior-winkelbestuurder.

AJ se beste vriend, Michael, is vasbeslote om hom te help, maar sy slegte raad stuur AJ op ’n pad van mislukkings. Met ’n gelukstoot slaag hy daarin om Corey uit te nooi vir aandete.

Tydens aandete sukkel hy om sy woorde uit te kry en besluit om vir Corey ’n brief te skryf. Wanneer hy dit egter vir haar gee, word hy deur Andrew en sy trawante verneder. Het hy nog ’n kans om vir Corey te sê hoe hy oor haar voel?

Regisseur: Jenn van Zyl
Skrywers: George van de Riet en Zenn van Zyl
Vervaardigers: Travis Taute en Nosipho Dumisa
Met o.a. Edwin van der Walt, Marvin-Lee Beukes, Shamilla Miller en Roland Reed

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.