a
kykNET Silwerskermfees

Konneksies – kykNET Silwerskermfees 2015

Bennie Schoeman en Retha van Graan is bedoel vir mekaar. Hulle weet dit net nog nie.

Bennie, ’n voorman op ’n wynplaas, en Retha, bestuurder van die kwekery op die dorp, is albei ongeslypte diamante wat net ’n bietjie aanhitsing nodig het om dit self te kan besef en te aanvaar.

Ons gaan op ’n reis deur Bennie en Retha se psige, onsekerhede en tot watter belaglike lengtes sosiale media hulle dryf.

Bennie en Retha ontmoet mekaar op ’n dating site en gesels vir dae lank. Só word daar openbaar hoe ons ons selfwaarde meet deur wat ons sien op die skerm in die palm van ons hand, ’n selfoon.

Elke pot het sy deksel, maak nie saak hoe rond of hoe blond.

Regisseurs: Mark Dymond en Nic Franklin
Vervaardigers: Bernadine Wolfaardt-Franklin en Dirk van den Berg
Draaiboek: Chanelle de Jager en Martin Venter
Met o.a. Chanelle de Jager en Melt Sieberhagen

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.