kykNET Silwerskermfees

Kortfilms by Silwerskermfees – deel 2

Die kykNET Silwerskermfees vind vanaf 27 tot 30 Augustus in Kaapstad en SARIE.com gaan daar wees. Ons wys vir jou al die sterre, die glans, deel foto’s vanaf die blou tapyt en gesels met van jou gunsteling kunstenaars.

KLIK hier vir die nuutste

Agterplaas

Die De Beer-gesin plak in Tant Klets se agterplaas in ’n karavaan na hulle hul huis en werk weens ekonomiese redes verloor het.
Die gesin leef op die drumpel van sosiale verval. Pa Frans is gewikkel in ’n stryd teen die bottel. Ma Sannie probeer haar kinders weghou van die skelm Moolman, en Tant Klets soek haar agterstallige huur. Wanneer Sus Rachel besluit om weg te loop begin die poppe dans en word die gesin in ’n onafwendbare tragedie gedompel. Die film is gebaseer op die gelyknamige treffertoneelstuk deur Charles J. Fourie, wat ook die regie van die rolprent behartig, met bekende en bekroonde akteurs soos Deon Lotz, Deirdré Wolhuter, Esther von Waltsleben, Hilda Cronje en Martin Venter in die rolverdeling. Lag en huil saam met Agterplaas se mense en beleef hul hunkering verby die zeflike na ’n bo-plaas op die groot skerm.

Agterplaas-719x1024

 

 

 

Iemand Anders

Daar is iets snaaks omtrent Johannes. Iets ongewoons. Hy is nie sy gewone self nie. Hy is nie meer seker wat ʼn gewone self is nie. Soms voel hy soos ʼn hamster. Soms soos iemand anders. Sy onvaste greep op die saai wêreld van middelklasroetine verswak: van eienaardig en eksentriek tot in die sielkundige se spreekkamer.

Maar wat as die fout nie by Johannes lê nie?

Iemand-Anders-Poster-724x1024

Juweeldiewe

Die kat-en-muis misdaad drama, Juweeldiewe bring Swart Kat skrywer, Gert Basson se kortverhaal tot die silwerskerm as ‘n stylvolle neo-noir film. Europa word geteister deur ‘n rits juweeldiefstalle. Interpol vermoed die gedugte klouterdief De Zwarte Adelaar (Die Swart Arend). Die Arend het soos mis voor die son verdwyn, en met goeie rede. ‘n Reuse blou diamant uit die myne van Suid-Afrika, Die Blou Vlam, is terug by die huis na jare se museumtoere en -uitstallings. Die Swart Arend, Alvarez Quintero en gesoute juweeldief Inezta du Preez sak op Kaaptad toe – beide met hul oog op die Vlam. As die buit so groot is, wie is te sê die jagter mag nie werk en plesier meng nie? Juweeldiewe neem jou op ‘n warrelwindrit van rooi lippe en martini’s, whiskey en sigare, propvol aksie en skerp humor. As die kat en die muis die diamant jag, hoe weet jy wie met die blink sal wegstap, of selfs wie die kat of die muis is?

juweeldiewe-720x1024

Nommer 37

Om in die verkeerde plek op die verkeerde tyd te wees, was nog nooit meer verstaanbaar as wat dit is vir Randall Hendricks nie. As jeugdief op die berugte Kaapse Vlakte was hy gevang in die middel van ‘n ongelukkige bende-verwante insident waar hy met ‘n mes gesteek is en verlam is in die onderlyf. Baie verbitterd oor wat met sy lewe gebeur het en dat hy dieper in finansiële verknorsing geval het, sit hy en staar uitdrukkingloos by die venster uit en kyk na ander mense as ‘n depressiewe tydverdryf. Onverwags aanskou hy iets agterdogtig tussen ‘n bendelid en ‘n wapenhandelaar in ‘n aangressende woonstel wat verskriklik verkeerd verloop. Met bedrog en wraaksug om elke hoek is Nommer 37 ‘n spanningsvolle reis belaai met aksie en dodelike gevaar…

Nommer-37-Poster2-final-724x1024

Onder die tafel

Wat gebeur as ʼn onuitgesproke waarheid die tradisionele samesyn van die Sondagmiddagmaal uitdaag tot besinning en verandering?

Elke gesin het ʼn geheim… Wat Katerine Cronjé nie weet wanneer sy haar feesmaal vir familie en vriende voorberei nie, is dat die driegangmaaltyd nie al is wat opgedis gaan word nie. Kook daar iets onder haar seun se vel? Wat broei in haar dogter se nuwe liefdesverhouding? Voer Ouma iets in die mou? Tussen voorgereg en nagereg – op en om en ook ónder die tafel – kom allerlei sluimerende kwessies ter sprake wat Katerine en haar tafelgenote dwing tot nuwe insigte en vars verbintenisse.

Onder die Tafel is ʼn film oor dit wat gewoonlik nié om die tafel gesê word nie, en oor die potensiële ontrafeling van ʼn gesin se wese wanneer familielede moet kies tussen illusie, ontkenning en aanvaarding van die werklikheid.

Onder-die-tafel-723x1024

Totsiens, Pa

Na vier jaar van stilte word vier susters deur die laat stadium van kanker by hulle pa geforseer om mekaar weer te sien. Hulle moet afskeid neem van hom, maar leer dat hulle mekaar in die proses weer gaan ontmoet. Leani, die laatlammetjie, wil nie glo dat hul pa besig is om te sterf nie. Hannie, die uitspattige multi-miljoenêr, wil nie rerig daar wees nie. Linda, ‘n verpleegster, is meer gefokus op die mediese gevolge as haar eie emosionele toestand. Mari wil net die vrede bewaar en met waardigheid afskeid neem. Maar daar ís iets waaroor klarigheid gekry moet word: die erfporsie. Hierdie erfporsie bring die donker kant binne hulle na vore. Linda wil alles hê. Hannie kort niks nie. Mari wil regverdig wees. Leani wil nie hierdie besluite neem terwyl hul pa nog asemhaal nie. Is dit moontlik dat susters mekaar weer kan vind nadat hul eie geraamtes uit die kas geruk word?

totsiens-pa-723x1024

Trippie

Wanneer ‘n man ‘n babbelrige vrou met ‘n tas en ‘n voorliefde vir appels op ‘n bus ontmoet, geniet hy haar geselskap, veral haar grappies. Binnekort verander flirtasie in ongemak as hy besef dat sy hom vantevore agtervolg het, selfs na sy oorlede vrou se graf. Dit word duidelik dat sy ‘n obsessie met hom het. Wanneer sy in ‘n grappie vertel dat sy haar vorige minnaar se bolyf in die tas met haar saam dra, weet die man nie meer wat om te glo nie. Wat is liegstories en wat nie? Ten laaste ontdek die man as hy aan een van haar appels verstik dat hy wel die hoofrol speel in die riller wat sy beplan het.

Trippie-Sample-02-734x1024

 

KLIK hier vir DEEL 1 van die kortfilms

rsrc