a
kykNET Silwerskermfees

Melusine van Arcadia – kykNET Silwerskermfees 2015

Melusine van Arcadia vertel die verhaal van ’n drieling susters wat saam in ’n woonstel in Arcadia, Pretoria, bly. Hulle word onafwendbaar saamgebind deur Melusine (Stephanie Gericke), wat met ‘n misvorming gebore is en onder duistere omstandighede weggesteek word van die buitewêreld. Melusine se twee susters, Mior (Lelia Etsebeth) en Tina (Reine Swart), word noodgedwonge deel van die leuen.

’n Baie sieklike Melusine word toenemend wanhopig en rebels en smeek haar susters onophoudelik om haar vry te laat. ’n Televisie is haar enigste kontak met die buitewêreld en hou haar geselskap wanneer haar susters uitgaan om te gaan werk. Tina wil aanbeweeg, maar Mior hou vas aan haar ma se wense en glo dat Melusine op haar eie sal sterf.

Regisseur: Gerrit Schoonhoven
Draaiboek: Corné Joubert
Vervaardigers: Anri Coetzee, André Coetzee, Brandon Engelbrecht, Corné Joubert en Stephanie Gericke
Met o.a. Stephanie Gericke, Lelia Etsebeth en Reine Swart

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.