FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

kykNET Silwerskermfees

Nataniël se kortfilm Almon, Henry

Nataniël maak môre tydens vanjaar se Silwerskermfees sy heel eerste verskyning in ’n kortfilm.

ALMON, HENRY is die verhaal van ’n student wat tydens ’n vakansie sy ouers se huis oppas. Hy word bewus van ’n eksentrieke figuur in die woud langs die huis. Uiteindelik vind ’n ontmoeting plaas. Die hoofrolle word vertolk deur Nataniël en Armand Aucamp.

En in ware Nataniël-styl is die uitrustings iets spesiaal. Jy kan uitsien na skeppings van bekende ontwerpers soos Floris Louw, James Edward Moulder, Retrospective en Shani Boerstra. En die groot verrassing – uitrustings van die Britse ontwerper Vivienne Westwood!

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Ons het met joernalis en skrywer Renée Conradie, wat saam met Nataniël in dié kortfilm speel, gesels oor haar ervaring op stel.

Renée, ’n jare lange vriendin van Nataniël wat ook al ’n paar keer saam met hom op Nataniël Tafel gekook het, speel Nataniël se verbitterde suster. Sy sê sy glo hy het haar gevra vir dié rol omdat hulle eenders klink en ewe stadig praat. “Ons lyk ook nie vreeslik verskillend nie,” vertel sy aan SARIE.com.

Volgens Renée is Nataniël op stel nie veel anders as ’n ontspanne Nataniël nie. “Hy is elke sekonde snaaks, maar baie professioneel. Hy het sy vinger op elke pols en weet wat oral aangaan.”

Dit het my net weer getref: sy skerpheid en hoe snaaks hy is

- Renée oor Nataniël

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Draaiboek: Nataniël
Regie: Jan Hendrik Burger

Kyk die lokprent:

Lees meer oor vanjaar se Silwerskermfees HIER.