a
kykNET Silwerskermfees

Skewe Reënboog – kykNET Silwerskermfees 2015

Willem is vasgeknel in Reënboognasie-idealisme. Hy woon as ’n kluisenaar in Santarama Miniland – ’n verlate miniatuur-museum van vergange Suid-Afrikaanse gloriedae en Amerikaanse invloede. Slaafs volg hy dieselfde roetine en werk aan ’n massiewe plastiek-reënboog, asook die instandhouding van ’n klein replika van die Uniegeboue.

Een aand, terwyl Willem die vyfhonderste uitbeelding van sy held, Madiba, teken, word hy bewusteloos gemoker. Sy Madiba-portrette én reënboog word verwoes.

Hy besluit om te gaan hulp vra by Madiba en vertrek op ’n ontnugterende tog na die ware Uniegeboue. Daar ontdek Willem dat Madiba oorlede is. Sy eise om Zuma te sien word verwerp en tragedie volg.

Skewe Reënboog weerspieël hoe ons onsself toegelaat het om weg te sink in Reënboognasie-idealisme en hoe dit geleenthede vir wáre transformasie, wáre versoening, veraai het.

Regisseur: Wim Steytler
Draaiboek: Wim Steytler
Vervaardiger: Gary King
Met o.a. Gavin van den Berg en Ashmund Martin

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.