a
kykNET Silwerskermfees

Tekkies vir Trevor – kykNET Silwerskermfees 2015

Basil is alles wat sy broer nie is nie, en almal weet dit. Wanneer Basil die geleentheid kry om sy broer aan almal wat luister voor te stel, besef hulle dat hy wel verander het.

Basel vertel van Trevor se liefde vir dans en sy passie vir sy gemeenskap. Basil vertel hoe lief almal Trevor het, en hoe sy vrygewigheid verder as die dansvloer strek. Ons ervaar dit deur Basil se herinneringe en sy spyt, omdat hy niks soos Trevor was nie.

Basil het inderdaad verander, en die enigste persoon met wie hy nié kan versoen nie, is sy broer Trevor, wat in die kis voor hom lê.

Regisseur: Francois le Pere
Draaiboek: Francois le Pere
Vervaardiger: Michelle Williams
Met o.a. Caylin Benting en Earl Goodman

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.