a
kykNET Silwerskermfees

Van agter die deur – kykNET Silwerskermfees 2015

Anna lê nou al vir drie weke in ’n bed. Haar hande en voete styf vasgebind sodat die sonlig buite haar nie kan raak nie. Die kamerdeur toegesluit sodat niemand onnodig haar kan sien nie. Haar mond toegeplak sodat die bure nie haar stem of asemhaling kan hoor nie. Walter is bekommerd, want ’n kind moet kan speel, maar Liza wil haar beskerm en weet die tyd is nog nie reg nie.

Deur die mure van die huis hoor Anna al die besluite wat geneem moet word – gedagtes wat redes moet ontsyfer en struwelinge om oplossings te vind. Sy wag vir die sleutel om te draai in die slot, want van agter die deur is die verklap van geheime haar enigste uitweg.

Regisseur: Marguelette Louw
Draaiboek: Marguelette Louw
Vervaardiger: Philip Nolte
Met o.a. Johan Baird, Desiré Gardner en Zoë Kolver

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.