Bekendes

Afrika betower Martelize Brink (weer …)

“Dis regtig iets waarin ek glo. Om in Afrika te reis. Geen ander plek op aarde bied jou dié ervaring of persoonlike groei nie,” vertel Martelize Brink aan SARIE.com, spesiaal op Afrika-dag, ná haar afgelope toer na Tanzanië.

IMG_9419

Stella Neethling van Live the Journey

“Verlede jaar was dit Nambië en die jaar voor dit Rwanda. Oor ’n glas wyn vra Jurgens, waarheen wil jy volgende gaan? Jurgens Schoeman is van Live the Journey, ’n toermaatskappy wat fokus op lewensveranderende toere off the beaten track. En dis presies wat dit elke keer doen. Jy kom altyd ‘n ander mens terug en sien die wêreld uit ‘n heel ander perspektief. Hul idee is om mense uit te daag en hulle uit hul gemaksone te kry. En so besluit ek enige plek, solank dit in Afrika is – en ons kies Tanzanië!

“Ons het via Johannesburg en Nairobi in Kenia na Arusha gevlieg en die eerste aand in die Arusha Coffee Lodge geslaap. Tanzanië is bekend vir koffie. Hulle kweek en rooster dit daar by die lodge self! Oral in die land kry jy net fantastiese koffie.

“Volgende oggend na Manyara-meer gery, toe deur Ngorongoro na Serengeti. Ons was twee aande daar. Miljoene der miljoene diere. Honderdduisende wildebeeste en sebras. Net 3 meter van leeus af gesit. Luiperds in bome en ook leeus in bome sien sit (enigste plek op aarde). Hulle doen dit om weg te kom van tsetsevlieg. Jy kan letterlik jou oë nie glo nie. Groot 5 tydens toer gesien.”

IMG_9406

IMG_9411

IMG_9367 IMG_9375 IMG_9392

IMG_9398

“Terug na Ngorongoro vir die krater. Op die rand (rim) gebly en volgende dag 600 m afgery na krater. Jy sit letterlik met hierdie massiewe sirkel of kaldera (caldera) rondom jou waar ‘n berg implode het en hierdie krater gevorm het.”

IMG_9364

Foto van die Ngorongoro-krater geneem met ‘n lens bo-oor ‘n ander lens

IMG_9365

Kilimandjaro, afgeneem vanuit die vliegtuig

“Ons het ook ’n Maasai-dorpie besoek. Verskeie van dié dorpies neem deel aan toerisme vir inkomste, en ook die Tarangire Nasionale Park waar ‘n jagluiperd ons verras het!

Inwoners van 'n Maasai-dorpie tydens ons besoek.

Inwoners van ‘n Maasai-dorpie tydens ons besoek

“Ek het nog nooit bewoë geraak ná ‘n Europese toer nie, maar elke keer as ek in Afrika was, raak ek baie hartseer om die mense te groet. Min mense is so hulpvaardig soos Afrikane (veral in Tanzanië). Hulle wil net help! En die vroue is uiters stylvol en dra net rokke wat van die mooiste lap gemaak. Ek is spyt ek het nie meer foto’s daarvan geneem nie.

IMG_9420 ’n Laaste asemrowende sonsondergang in Tarangire Nasionale Park, Tanzanië.

’n Laaste asemrowende sonsondergang in Tarangire Nasionale Park, Tanzanië

“Tanzanië is baie gefokus op natuurbewaring. Daar is in 1985 laas ‘n renoster gestroop in Ngorongoro, want ‘n groot groep veldwagters bly in die bewaringsgebied. As ‘n olifant byvoorbeeld jou voertuig beskadig, moet JY ‘n boete betaal: want jy moes uit hul pad gebly het! Ons het baie veilig gevoel in die areas wat ons besoek het. Die mense daar verstaan nie hoekom ons die heeltyd vra of ons die venster moet toemaak en of die besittings in die motor veilig is nie.”

Martelize sluit af en sê: “Die ervarings gee jou soveel perspektief. Die belaglike kleinlikhede wat ons so ‘besig’ hou, raak net minder en minder belangrik. Die krater laat jou geweldig klein voel.”

NS: Ná die onderhoud het Martelize ons weer gekontak en laat weet: “Ek het ook onthou my oupa was ‘n dominee in Tanzanië in Arusha en hulle het die NG Kerk daar begin (dis die kerk foto’s). Hulle het die kerkgebou later aan Sewendedag-Adventiste verkoop. My pa het in sy kinderjare vir ‘n ruk daar gewoon. Ons het die kerk ook besoek. Daar’s ‘n gedenkplaat in Afrikaans wat ek uiteindelik vir hulle kon vertaal. Dit was baie spesiaal. Praat nou van emosioneel …”