Mary-Kate en Ashley Olsen
Bekendes

Mary-Kate & Ashley se enigste dag op Instagram!

As jy in die 90’s gebore is, is die kans goed dat jy steeds ’n groot aanhanger van die tweeling Mary-Kate en Ashley Olsen is. Tot ons groot teleurstelling is hulle baie privaat en nie op enige sosiale netwerk nie. Gister het hulle die wêreld verbaas en was vir een dag op Instagram.

Dis hoe ‘n dag in die lewe van Olsen-tweeling lyk.

Mary-Kate en Ashley het hul foto’s via die skoonheidswinkel Sephora se Instagram opgelaai. Die tweeling het die dag begin met hul heel eerste selfie nog. Hul keuse van filter? ’n Sjiek swart-en-wit filter.

First public selfie ever @ElizandJames #SephoraTakeover

A photo posted by Sephora (@sephora) on

 

Dié foto is gevolg deur ’n foto van hul koopgids vir Elizabeth and James se 2016-herfsreeks. Die ontwerpershuis is genoem na die tweeling se broer en suster.

Beauty goals #MyNirvana #EandJFall16 @ElizandJames #SephoraTakeover A photo posted by Sephora (@sephora) on

As jy soos ons al ooit gewonder het hoe die twee se middagete lyk, hier is jou antwoord!

Refuel. Go local @ElizandJames #SephoraTakeover

A photo posted by Sephora (@sephora) on

Ná middagete het die ontwerpers materiale vir handsakke gekies en ook een van hul vakmanne besoek.

Selecting @ElizandJames handbag materials #SephoraTakeover A photo posted by Sephora (@sephora) on

Hey man. How are those handbag samples coming along? @ElizAndJames #SephoraTakeover

A photo posted by Sephora (@sephora) on

Natuurlik het hulle ook hul nuutste parfuum, My Nirvana, van Elizabeth and James bemark. Die parfuum is te koop op Sephora se webtuiste.

We interrupt this @ElizAndJames takeover to bring you a #MyNirvana moment #SephoraTakeover A video posted by Sephora (@sephora) on

#Duh #MyNirvana @ElizAndJames #SephoraTakeover

A photo posted by Sephora (@sephora) on

Mary-Kate en Ashley het hul dag afgesluit met ’n glasie wyn. Natuurlik kom die voggies uit ’n bottel met ’n persoonlike etiket op.

First and last day as official Instagrammers #cheers #MyNirvana @ElizAndJames #SephoraTakeover A photo posted by Sephora (@sephora) on

En – was hierdie blik op hul lewens presies wat jy gedink het hulle elke dag doen?

Lees ook: