matriekafskeidrok 450 450
Matriekafskeidrok van die Jaar

Skryf in vir Matriekafskeidrok van die Jaar 2015

SARIE.com bied jóú die kans om jou matriekafskeidrok met almal te deel!

Ons wil álles van jou en jou rok weet – van die ontwerper tot die materiaal en die inspirasie daaragter.

Hier is wat jy moet doen:

  1. Vul die inskrywingsvorm hieronder in
  2. Laai drie foto’s op – dit moet kleiner as 2MB wees teen sowat 72 dpi

Matriekafskeidrok van die Jaar 2015

SARIE.com bied jóú die kans om jou matriekafskeidrok met almal te deel! Ons wil álles van jou en jou rok weet – van die ontwerper tot die materiaal en die inspirasie daaragter.

Reëls

*Die kompetisie is verleng tot 31 Desember om 08:00, omdat die inskryfmeganisme tydelik foutief was.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.Skryf só inSlegs aanlyn sal aanvaar word. Inskrywings per faks, geregistreerde pos, e-pos of enige ander manier as gespesifiseer sal gediskwalifiseer word.Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.Ouderdom, nasionaliteit en uitsluitingsJy moet in 2015 in Matriek wees.

Jy moet ’n geldige RSA/NAMIBIESE ID/paspoort besit.

Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), en hul reklame-, advertensie- en digitale maatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie.

Finaliste

Die beoordelaars sal 10 finaliste aanwys, waarna 1 wenner aangewys word.

Die beoordelaars se beslissing (vir finaliste en wenners) is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Finaliste moet bereid wees om deur ander media afgeneem en verfilm te word as dit met die kompetisie verband hou.

Die finaliste sal telefonies verwittig word en sal daarna ’n e-pos as bevestiging ontvang.

Media24 word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die deelnemers kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd.

Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om die reëls te gehoorsaam.

  • Yorinda

    hi, hoe kan ons na die rokke gaan kyk? is daar nie n link van die rokke nie?

  • Gerda Diedericks

    Hi – Hoe gaan ek weet of julle wel my inskrywing ontvang het en waar kan ek na die fotos van die rokke gaan kyk.