The Voice M-157
Bekendes

The Voice se Lira die gesig van Bobbi Brown!

Die sanger en mentor Lira is die toonbeeld van elegansie, soos ons die afgelope paar weke op The Voice gesien het. En nóú gaan sy die eerste plaaslike gesig van die internasionale skoonheidshuis Bobbi Brown wees!

“Ek is ongelooflik opgewonde om die eerste Suid-Afrikaner te wees wat saam met dié internasionale handelsmerk kan werk! Ek is mal oor die grimering en hoe dit die individuele skoonheid van elke vrou kan uitbring,” het Lira in ’n amptelike persverklaring gesê.

FOTO: Jurie Potgieter/ Heilo Public Relations

FOTO: Jurie Potgieter/ Heilo Public Relations

In SARIE se Maart 2016-uitgawe vertel Lira wat sy die graagste vir haar span wil leer.

Sy wil hulle praktiese lesse leer. “Jy moet ’n positiewe ingesteldheid hê. Musikante is geneig tot depressie en ’n lae selfbeeld. Jy moet dus aan jou kop werk.”

En daarmee gaan sy help: Met die praktiese toepassing van ’n positiewe gesindheid. Hoe weet jy jy glo in jouself; pas jy dit toe as jy oorweldig voel; vind jy daardie stil plekkie in jouself as die lewe gek tol. Maak jy seker jy doen jou bes, in enige omstandighede.

En haar raad aan die wenner?

“As jy bekend is, is jy nie beter as ander nie. Jy het bloot ’n platform, ’n geleentheid gekry sodat meer mense van jou talent bewus is. Anker jouself in die wete waarom jy sing, wat jou doel is.”

Sondag op The Voice

#TeamBobby het nog net 1 plek oor op sy span.

#TeamKaren het nog net 2 plekke op haar span.

#TeamKahn het nog net 2 plekke op sy span.

#TeamLira het nog net 3 plekke op haar span.

  • The Voice is Sondae om 17h30 op M-Net.

Lees die volledige onderhoud in SARIE se Maart 2016-uitgawe.

Maart-voorblad 2016 Karen zoid

 

Lees nou