adam_levine_behati_getty
Bekendes

Model Behati Prinsloo ís toe swanger!

Die Namibiese model Behati Prinsloo (26) en haar sanger-man, Adam Levine (36), is toe wraggies swanger met hul eersteling! Adam, wat die hoofsanger van die rockgroep Maroon 5 is, het die swangerskap op sosiale media bevestig.

Maar die paartjie het nog nie hul pienkvoet se geslag verklap nie.

My two favorite laker fans.

A photo posted by Adam Levine (@adamlevine) on

Verlede week het dié Victoria’s Secret-model ’n kunswerk van ’n swanger vrou op sosiale media geplaas.

Behati en Adam het 2012 begin uitgaan en in 2013 verloof geraak. Die paartjie is in 2014 voor vriende en familie in Mexiko getroud.

Baie geluk, Behati en Adam!

Sy is nie al model wat swanger is nie. Die Suid-Afrikaanse en Victoria’s Secret-model, Candice Swanepoel, verwag ook haar eerste pienkvoet.

Kyk net hoe mooi lyk Behati op die voorblad van Vogue Thailand

It’s finally here @voguethailand thank you @nomadrj @cwoodhair @christy_coleman @bobette_cohn loving this cover so much!

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Lees nou