Unknown-4
Mooirivier

Ontmoet die Mooirivier-karakters wat jou hart gaan steel – Danie Putter & Leandie du Randt

Nóg ’n Afrikaanse fliek met van jou gunsteling-akteurs begin in Februarie 2015 in teaters draai. Mooirivier – Liefde wen, altyd is ’n nuwe fliek van die vervaardigers van Klein Karoo.

Die storie

Dis Paastyd in Potchefstroom en vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – gaan op ’n ontdekkingstog oor waaroor die liefde eintlik gaan.

Die karakters

Die karakters gaan jou hart steel, jou laat lag én laat huil. Hierdie week stel SARIE.com van die karakters bekend om jou nóg meer na die fliek te laat uitsien.

Danie Putter (Ian)

Ian is ’n aantreklike student en die universiteit se grootste player. Hy kan hom glad nie tot ’n verhouding commit nie, geniet die lewe, sy tyd op kampus, en natuurlik die groot verskeidenheid meisies wat daarmee gepaard gaan.

Hy roem hom daarop dat hy nie sy hart verloor op enige meisie nie, dat hy altyd kan aanbeweeg en nooit verstrengel raak in emosies waarvoor hy nie nou tyd het nie.

mooirivier danie putter leandie du randt

Leandie du Randt (Janine)

Janine is ’n hopeless romantic wat maklik verlief raak. Sy hou van romantiese boeke, romantiese films, roomys, sjokolade, ouens wat vir haar sing … altans, enige romantiese gebaar.

Kortom, Janine is verlief op die idee van romanse en verlief wees. Elke volgende kêrel is haar “trouman”, en elke keer word sy teleurgestel.

FOTO: Danie Putter en Leandie du Randt

FOTO: Danie Putter en Leandie du Randt op die stel van Mooirivier

Kyk hier na die lokprent van Mooirivier

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek – klik HIER

Lus om te lag?

Om enkellopend te wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!

Lees ook