mooirivier tim theron anel alexander
Mooirivier

Ontmoet die Mooirivier-karakters wat jou hart gaan steel – Tim Theron & Anel Alexander

Nóg ’n Afrikaanse fliek met van jou gunsteling-akteurs begin in Februarie 2015 in teaters draai. Mooirivier – Liefde wen, altyd is ’n nuwe fliek van die vervaardigers van Klein Karoo.

Die storie

Dis Paastyd in Potchefstroom en vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – gaan op ’n ontdekkingstog oor waaroor die liefde eintlik gaan.

Die karakters

Die karakters gaan jou hart steel, jou laat lag én laat huil. Hierdie week stel SARIE.com van die karakters bekend om jou nóg meer na die fliek te laat uitsien.

Tim Theron (Paul)

Paul is ’n voormalige dominee wat twee jaar gelede sy vrou verloor het en begin werk het as ’n eiendomsagent. Doodeerlik en ’n baie slegte verkoopsman, sukkel hy vreeslik om huise te verkoop.

Nou staan hy op die rand van afdanking en moet dringend ’n huis verkoop. Wanneer hy ’n potensiële kliënt (die beeldskone Lisa) ontmoet, moet hy alles in sy vermoë doen om haar te beïndruk en ’n huis te verkoop, anders sit hy dalk self op straat.mooirivier tim theron anel alexander

 

Anel Alexander (Lisa)

Lisa is ’n vrye gees en sexy mode-stilis. Sy is ook die jonger suster van Amelia (Milan Murray). Sy het die laaste paar jaar in Parys (Frankryk) gewoon, maar ná ’n liefdesteleurstelling en ’n werkvisum wat verval het, is sy nou terug in Potchefstroom.

Sy wil haar nou in Potch vestig en dit is hoe sy vir Paul die eiendomsagent ontmoet wat haar help om huis te soek.

Kyk hier na die lokprent van Mooirivier

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek – klik HIER

Lus om te lag?

Om enkellopend te wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!

Lees ook