Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

Bekendes

Nóg drie nuwe tatoeëermerke vir Angelina Jolie

Angelina Jolie spog reeds met ’n paar tatoes – en nou het sy nóg drie by haar versameling gevoeg.

Sy is nou in Kambodja waar sy die regie behartig vir die rolprent First they killed my father wat op Netflix sal verskyn. En het toe sommer daar besluit om drie nuwe betekenisvolle tatoeëermerke te kry.

Volgens Daily Mail is twee van die nuwe tatoes Boeddhistiese simbole vir liefde, vrede en voorspoed. Volgens Harper’s Bazaar is die derde tatoe ’n Yantra-ontwerp wat ’n tipe lyfkuns is wat met die hand gedoen word.

Dié ma van ses spog nou met altesaam 20 tatoeëermerke insluitend ’n swart kruis, ’n Bengaalse tier en die koördinate van haar kinders se geboortedorpe.

Hier is ’n paar van Ange se tatoeëermerke:

Bron: Daily Mail en Harper’s Bazaar

Lees nou: