FOTO: Instagram chrissyteigen

FOTO: Instagram chrissyteigen

Bekendes

Model Chrissy Teigen se glips!

Praat van ’n foutjie … Die model Chrissy Teigen moes haar selfoonnommer verander nadat dit per ongeluk in haar kookboek verskyn het.

Chrissy het eers nie verstaan hoe sy 100 oproepe van haar aanhangers kon ontvang het nie. Maar toe gou agterkom haar kookboek is die sondaar. Op bladsy 111 is daar ’n foto van Chrissy en haar hond, Pippa. En op Pippa se halsband pronk Chrissy se nommer toe.

Chrissy het haar glips op sosiale media gedeel..

Dit het natuurlik veroorsaak dat sy haar nommer moes verander.

Chrissy is getroud met die sanger John Legend en verwag hul eerste pienkvoet, ’n dogtertjie.

Bron: Daily mail

Lees nou: