baba
Bekendes

Ongewone celeb-babaname

Het jy al ooit gewonder wat besiel bekendes om hul bloedjies name te gee wat nie maklik op die oor val nie? Soos Kim Kardashian wat haar kinders North en Saint noem. Of Jamie Oliver en sy vrou Jools wat hul kroos kleurryke name gee – die jongste heet River Rocket. En vanoggend is die Namibiese model Behati Prinsloo en haar sanger-man, Adam Levine, se dogtertjie gebore. Die naam? Dusty Rose.

Dis nie net kinders wat soms hul eie naam verpes nie, hul ouers kan ook spyt wees. In ’n peiling deur die forum Momsnet is vasgestel dat 1 uit elke 5 Britse ma’s spyt is oor die keuse van ’n kind se naam – lees meer hier.

Gelukkig vir ons meen die webtuiste Nameberry dat die gewildste babaname vir 2016 reeds Olivia en Ezra is.

Hier’s ’n paar bekendes wie se kinders ongewone name het:

1. Luna Simone – Chrissy Teigen en John Legend

My loves at #lipsyncbattle!

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

  2. Pilot Inspektor - akteur Jason Lee

3. Kyd - akteurs David Duchovny en Tea Leoni

4. Memphis Eve - Bono, U2 se hoofsanger

5. Audio Science - aktrise Shannyn Sossamon

6. Wyatt Isabelle – akteurs Mila Kunis en Ashton Kutcher

FOTO Instagram / @aplusk

FOTO Instagram / @aplusk

7. Briar Rose – akteurs Rachel Bilson en Hayden Christensen

 

 

A photo posted by @rachelbilson on

 

8. Arlo Day - akteurs Leighton Meester en Adam Brody

9. Rocket Zot - akteur Sam Worthington en model Lara Bingle

10. Jagger Snow – musikante Ashlee Simpson en Evan Ross

Kisses @operationsmile #untilweheal best weekend ever!!

A photo posted by Ashlee Simpson Ross (@ashleesimpsonross) on

Lees nou

Wagter ná jare geskeer en 15 kg ligter

Só het hoë hakskoene oor 100 jaar verander!

Behati en Adam se dogtertjie is hier