SARIE Instagram_opgewonde9
Ons is opgewonde oor

Ons is opgewonde oor De Klerk Oelofse

Ons is nié net opgewonde oor 2017 omdat 2016 verby is nie. Dis wat die mense van ons land – van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – alles vanjaar doen wat ons die meeste opgewonde maak. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Jy ken hulle dalk alreeds, maar indien nie, is dit ons voorreg om jou aan hierdie opkomende sterre bekend te stel. Vandag is ons opgewonde oor die akteur De Klerk Oelofse se 2017, en sy projekte is op ons redaksie se lys van dinge om vanjaar te sien, doen, lees en luister.

Waarin is jy in 2017 te sien en waarna sien jy uit?

Al die projekte waarby ek vanjaar betrokke is, daag my op die een of ander manier uit en net dit is genoeg vir my om na uit te sien.

Ek spring weg met drie stukke by die WoordfeesNêrens, Noord- Kaap (Nico Scheepers se opvolgstuk vir Amper, Vrystaat), Koöperasiestories (onder regie van Sandra Prinsloo), en dan speel ek ook Peter Pan, want wie wil nie vir ewig ’n kind wees nie?

Kort daarna is dit die KKNK en daar pak ek die eenmanstuk Strooijonker met Corné en Twakkie (Louw Venter en Rob van Vuuren) as regisseurs! Ek noem Strooijonker nie graag ’n show/toneelstuk nie, dis meer soos om ’n troue van jou ou skoolpelle te ervaar. Ek speel ook by die fees in We Didn’t Come to Hell for the Croissants saam met Jemma Kahn en dan in Koöperasiestories.

Buiten dit werk ek aan ’n ander groot projek. Dis awesome. Ek moet seker nie te veel sê nie, maar dit lyk of Die Boekklub se Merweville ’n jong polisieman bykry …

de klerk oelofse

FOTO Verskaf

Het jy ’n Suid-Afrikaanse rolmodel na wie jy opkyk?

“Dis nogal sad as jou helde jonger as jy raak.” – Albert Pretorius se woorde in die eerste produksie waarin ons saam gespeel het, Balbesit. Al is ek en Albert tydgenote, is hy secretly my rolmodel, maar vir my is dit nie sad nie. Hy kry nogal iets reg waarna ek strewe en dit is om jou werk ernstig op te neem en nie jouself nie. Hy gun homself die vryheid om ’n bietjie rond te speel tydens repetisies en hy is nooit bang om iets te probeer nie. Dis ook vir my lekker dat ek nou weer die kans gaan kry om saam met my rolmodel te speel. Ek, Allie en Geon Nel speel broers in Nêrens, Noord-Kaap.

Gunsteling- Afrikaanse woord/sêding?

“Dalk is dommigheid maar net ’n ander manier van kyk.” – PG du Plessis

Iets wat niemand van jou sou raai nie?

Ek is nogal stout vir ’n karaoke-bar … Al kan ek eintlik glad nie sing nie, hoef jy my nie twee keer te vra om ’n rap te drop nie. Ek is ’n groot aanhanger van rap- en hip-hop-musiek.

Lees nou

Roelof Temmingh

Refentse Morake

Irma Venter

Dean Smith