FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson

Bekendes

Kyk! Hier is ons land se eie Disney-prinsesse

Of dit nou Sneeuwitjie of Aspoestertjie is, elke meisie het al daarvan gedroom om ʼn prinses te wees.

Wie kan die goue rok van Belle in Beauty and the Beast vergeet? Of Ariel se bloedrooi hare in The Little Mermaid? Gelukkig word talle kinders en selfs grootmense steeds bederf met moderne animasieprente soos Frozen (2013) en die opkomende Moana (2016).

En sommige kritici is veral gek oor Moana en bestempel haar as die beste Disney-prinses nóg, berig Business Insider. Haar sterk persoonlikheid en realistiese lyf gaan glo postiewe verwagtinge onder jong meisies en vroue skep!

Kyk die lokprent hier:

Daar is ook planne om ou treffers soos Mulan (1998), Pinocchio (1940) en The Little Mermaid (1989) met regte mense te verfilm. En volgende jaar gaan Emma Watson as Belle te sien wees in Beauty and the Beast. Ons kan nie wag nie!

As dit ons keuse was, sou ons die volgende SA aktrises in dié rolle wil sien:

Sneeuwitjie – Rolanda Marais

599936-snow_white1_large

FOTO: SARIE

FOTO: Clinton Lubbe

Met haar ligte vel en donker hare sal sy perfek wees as die skone Sneeuwitjie. En daar is net een mens wat die prins kan speel – haar man, Jozua Malherbe!

Belle in Beauty and the Beast – Donnalee Roberts

Belle_transparent

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons kan nie aan ʼn mooier Belle dink nie. Met Donnalee se donker hare en bruin oë sal sy absoluut beeldskoon lyk in die bekende goue rok.

Aspoestertjie – Nadia Valvekens

Cinderella_Photo

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Met Nadia se blou oë en blonde hare sal sy beslis haar stiefma en stiefsusters op hul plek sit.

Ariel in The Little Mermaid – Amalia Uys

Arieltransparentdesign

Amalia is perfek vir Ariel! Met haar bloedrooi hare en petite lyf sal sy beslis prins Eric se hart kan wen.

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

Raponsie in Tangled - Nadia Beukes

Rapunzel_1_highres

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Amper drie weke gelede het Nadia haar eie sprokiestroue gehad. Maar ons dink sy sal ’n perfekte Raponsie maak!

Jasmine in Aladdin – Monique Sutherland (SARIE se Voorbladgesig van die Jaar 2014-wenner)

Jasmine-disney-princess-33718064-673-1024

 

 

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Met haar jeugdige voorkoms en donker hare is sy perfek vir die rol van Jasmine. Ons wonder net met wie sy op die towertapyt kan reis?

Elsa en Anna in Frozen – Leandie du Randt (Elsa) en Christia Visser (Anna)

1575_ElsaandAnna_40

FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

 

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Die talentvolle Leandie en Christia sal die perfekte geliefde sussies van Frozen wees.

Aurora in Sleeping Beauty – Karlien van Jaarsveld

Aurora

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ons dink Karlien is perfek as die Slapende Skoonheid.

Tiana in Princess and the Frog – Portia Moemedi (SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2015-finalis)

Princess-Tiana-disney-princess-31869807-1957-2242

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Met een soen sal Portia beslis ’n padda in ’n prins kan verander.

Merida in Brave – Marike Nel (SARIE Voorbladgesig van die jaar 2013-wenner)

ffb8cf2cb8b547cd32909d7aebee8a4b (1)

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Marike sal perfek wees as die vurige heldin van Skotland.

Pocahontas – Tracey Lange

 

pocahontas

FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Tracey en haar kleurvolle persoonlikheid sal perfek as dié Disney-prinses werk.

Mulan – Nicola Smit (een van SARIE se twee Voorbladgesigwenners 2016)

c8093eaa0b84e615cb2011fb59b27ee8

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Lees nou

Marion Cotillard sê: “Dis nie my skuld nie”

WCW: Lupita Nyong’o – jy sal ook van haar hou!

Gebruik jy die regte blosser vir jou gelaat?