jv072
Ons praat met

2 Nagtegaals skryf tesame

Die ma-en-dogter-skrywers, Reinet en Jackie Nagtegaal, het sáám geskryf aan hul nuwe boek, In limbo, wat Saterdag (14 Maart) by die Woordfees op Stellenbosch bekend gestel word. Cherice Smith het met Reinet gesels.

 

“Jackie het as student op Stellenbosch betrokke geraak by straatkinders en ‘n boek begin skryf waarin hulle ‘n rol speel,” vertel Reinet. “Die boek gaan ook oor die komplekse verhouding tussen ‘n ma en dogter. Jax het destyds nie verder as so 20 000 woorde gekom nie, maar toe sy dit verlede jaar vir my gee om te lees, was ek gek daaroor. Ek het die ma-karakter so jammer gekry en haar gevra of ek nie die ma se stem tussen-in kan voeg nie. Ná elke hoofstuk in die dogter se stem het ek toe ‘n hoofstuk namens die ma geskryf. Elke Vrydag het ek en Jackie bymekaargekom en vir mekaar voorgelees. Dis die lekkerste projek wat ons nóg saam aangepak het!”