20091105133019_2821rz
Ons praat met

Aktrise Thandie Newton gesels met SARIE

2012 is ‘n lokettreffer-film. Moet ‘n mens nie versigtig wees dat die effekte in so ‘n film die storie oorheers nie?
Ja, maar toe ek die draaiboek lees, het ek geweet dat dit nie gaan gebeur nie. Dis ‘n menslike storie en Roland Emmerich (regisseur) gee regtig om vir die storie én die karakters.
Ek speel die president se dogter, maar skielik maak dit nie meer saak of ek familie van die president is nie. En dit geld vir al die karakters – wat ook al jy gedink het is belangrik, maak nie meer saak nie.
Wanneer die vloede en die aardbewings begin, wil jy net jou lewe en ander se lewens red. Op die ou end gaan dit oor menswees en wat dit beteken.

‘n Paar gelukkiges word gespaar, maar dit gaan ook oor die morele riglyne van die oorlewenes het. Want te midde van die chaos is daar steeds ‘n magstryd, selfs wanneer alles vernietig word. Dis amper asof hulle sê: “Kyk as ons die enigste oorlewenes van die mensdom is, moet ons sorg vir morele riglyne.” En dis interessante goed om te verken in so ‘n groot film.
 
Is daar baie aksie in die film?
Ja, daar is.

Watse tipe aksie-tonele moes jy doen?
Daar was baie tye dat ek waternat was. (Sy lag.) Alles was nat! Van my broek tot my skoene, alles! Dit was aaklik, ek’s tog so ‘n sissie as dit by sulke goed kom. Ek’t glad nie gekla nie, maar hier binne het ek die heeltyd gesê: “Ag, nee, nie weer nie!”

Daar was een herhalende toneel waar ek ‘n meisie uit die branders moet red. Dit was als goed en wel, maar ek’t gedink, “hel, kan dit nou klaarkry!” Terwyl die meisie haar gate uit geniet.
Tussendeur tonele het ek ‘n handdoek om my gedraai terwyl die meisie in die water baljaar. Die span op die stel was so dierbaar, hulle het die water verhit. Maar na ‘n lang dag wens jy vir droë klere en ‘n goeie nagrus.

Die ander water-toneel was waar hulle ‘n vloedgolf in ‘n lang gang om die hoek laat spoel het. Dit was ‘n regte golf, nie een wat met ‘n rekenaar gedoen is nie (CGI – Computer-Generated Imagery). Net voor die golf ons raak, dreineer die water terug in ‘n groot tenk en op ‘aksie!’ kom dit weer. Ongelooflik!

 
Het dit jou nie bang gemaak nie? ‘n Paar ton water wat in jou rigting aankom…
Nee, jy vertrou maar, jy weet. Maar as ‘n mens lees hoe Madonna se verhoog inmekaar getuimel het, dan weet ‘n mens nooit. Jy moet maar vertroue hê in dit wat hierdie baie professionele en talentvolle mense doen. Die standard is baie hoog, so nee, ek’s nooit senuweeagtig nie.
 
Het jy enigiets gedoen om die atmosfeer bietjie te lig?
Nee, nie in hierdie film nie. Wanneer jy papsopnat in jou ontwerpersklere (Alexander McQueen) staan, dan dink jy, “wel, dis nou maar verniel”. Dit was nie my klere nie, maar ek’t gehoop om dit na die fliek vir my te vat. Toe nou nie! Geen grappies op die stel nie. (Sy lag.)

 
So jy’t baie in die water geskiet, maar ek vermoed jy’t ook baie rondgehardloop en gekoes vir vlieënde wrakstukke…
Eintlik het John en Amanda meer van hierdie tipe aksietonele gedoen. Ek en Chiwetel het meer dialoog-tonele gedoen. Ons het meer gepráát oor wat volgende gaan gebeur. John en Amanda het elke dag heen en weer gehardloop. Maar moenie vergeet nie, ek’t die water gedoen. (Sy lag.)

Jy’t in ‘n kleiner film soos W gespeel, en nou in die grote 2012. Is dit hoe jy loopbaan struktureer?
O, daar’s geen groot plan nie, maar dis lekker om iets van elk te kan doen. Ek sal nooit net een ding kan doen nie. Ek’t lank terug in ‘n film oor slawerny gespeel (Jefferson in Paris). Sedertdien word elke draaiboek wat te make het met slawe vir my gestuur, maar dit gebeur nie meer so gereeld nie. Hopenlik het ek bewys dat ek ‘n klomp verskillende goed kan doen. Hoe ek werk en waarop ek werk, het meer te doen met my rol as ma, as wat dit ‘n geval is van “wat doen ek volgende?”.  As ek ‘n groot film klaar geskiet het, gaan ek nie sommer weer een begin nie, want my kinders is nog op skool. Dis seker ‘n bietjie vervelig, maar dis hoe ek my werk kies.
 
Hou jy daarvan om na jou eie films te kyk?
Net as hulle goed is. (Sy lag.)
 
En watter van hulle is goed?
O, ek gaan nie antwoord nie. Daar is ‘n paar waarvan ek regtig baie hou en dan is daar ander waaroor ek voel ek nie gewerk het soos ek gehoop het nie. Maar ‘n mens weet nooit. As akteur het jy eintlik baie min beheer daaroor. Daar’s verseker dié wat ek bo ander verkies, en dis nie net films waarin ek self speel nie.

 
In ‘n film soos hierdie waarin daar baie spesiale effekte gebruik word, dink jy nie dis maklik vir die karakters om daarin te verdwyn nie? Was jou karakter goed uitgebeeld?
Kyk, hierdie fliek is ‘n popcorn crowd pleaser. Mense vra vir my, “dink jy die film gaan mense meer bewus maak van die omgewing? Gaan dit mense aanmoedig om die kraan toe te draai terwyl hulle hulle tande borsel?”. Ek weet nie. Maar ek weet dis ‘n ongelooflike film, en dit gaan jou vermaak. Die karakter-rolle is baie duidelik. My karakter verteenwoordig morele goedheid en sy’s sosiaal bewus. Chiwetel se karakter gaan oor wetenskaplike kennis en John se karakter gaan oor bevryding. Hy vra vergifnis omdat hy nie ‘n goeie pa is nie. Amanda probeer die familie bymekaar hou en sy’s ‘n goeie ma. Hierdie tipe flieks werk wanneer die gehoor emosioneel by die storie betrokke raak. Dan’s jy bang een van die karakters gaan dood of verdrink. Die karakters was goed getipeer en daar’s plek vir subtiliteit.
 
Het jy twee keer gedink toe jy vir die eerste keer van die Maja-profesieë gehoor het?
Ek was ‘n bietjie senuweeagtig toe ek die eerste keer daarvan gehoor het. Ons eie realiteit is klaar skokkend genoeg en dinge gebeur die heeltyd. Maar ek dink die film gaan daaroor om uitdagings in die gesig te staar en elke oomblik te geniet. Kyk byvoorbeeld na die ekonomiese krisis waardeur ons nou gaan. Hopenlik is ons dankbaar vir die klein dingetjies en heg ons meer waarde aan verhoudings en die mense vir wie ons liefhet.

  • Liza

    Lyk na ‘n goeie fliek!

  • Debbie

    Glad nie, grootste gemors wat ek al ooit gesien het!!!!!niemand kan sulke dinge oorleef nie, alleenlik as jy deel gaan wees van die "rapture" soos wat die bybel van praat. Wie kan my bewys dat ‘n mens vinNiger is as ‘n komeet??? ag nee man, ek is nou smmer weer kwaad, dit is en was net gemors…SORRY, EK BEVEEL DIT NIE AAN NIE!!!!!!

  • http://telkomsa.net Gerda Little

    het die fliek geniet..baie goed

  • http://aekyykgudezr.com/ ynrwwkukiy

    MoR9Oj rzryjiimqumn, [url=http://xoxxrsrhncyy.com/]xoxxrsrhncyy[/url], [link=http://ebkhgmliwvvk.com/]ebkhgmliwvvk[/link], http://ubrincefnhnz.com/

  • http://jrppqcsvmxwc.com/ ihvipkldb

    gu99w2 ekccsblcjndx, [url=http://djjmgrzokqsr.com/]djjmgrzokqsr[/url], [link=http://yswfmpszorcv.com/]yswfmpszorcv[/link], http://nsusvpethmvm.com/

  • http://qiptooxawajk.com/ zrjisfzkamy

    pMsJbg glspxyekvmph, [url=http://mmgzsjhlykkz.com/]mmgzsjhlykkz[/url], [link=http://ocdjznnguufi.com/]ocdjznnguufi[/link], http://lqrpatlgvqro.com/