Ons praat met

5 min met SA se sexyste man

Paul Rothmann, mede-aanbieder van Pasella op SABC2, is pas as die sexyste man in die Cosmopolitan Sexiest Men Calendar 2009 aangewys. Fanie Cronjé, SARIE se sosiale en stylredakteur, gesels met hom . . .

 

Fanie: Hoe oud is jy?
Paul: Ek’s 31.

 

Is dit nie oud om so ‘n titel te wen nie?
Dit was my gedagte ook. Ek het 10 jaar gelede ‘n kompetisie gewen. Ironies, nè? Dis waar alles begin het – die Patrick Daniel Male Model of the Millennium.

 

Ek sal dit like om die titel te wen.
Dis nogal lekker. Ek het nie eers geweet dis ‘n kompetisie nie. Ek het gedink dis ‘n eer om net in die kalender te wees.

 

Wie het jy gedink gaan wen?
Vooraf het ek gedink die sanger Paul Wilson of TV-aanbieder Dieter Voigt. Maar die aand van die geselligheid Valentin, ‘n model van Afrika. Die vroue was mal oor hom, te oordeel na hul reaksie.

 

Wat maak ‘n vrou sexy?
Innerlike krag en baie selfvertroue.

 

En ‘n man?
Dieselfde as vir ‘n vrou. En as ek nóg iets kan sê, dalk ook iets donkers en misterieus.

 

Het jy daai eienskappe?
(LAG) Ek dink so.

 

Ek dink ook so. Ek het dit ook!