Ons praat met

5 minute met Albert de Wet

Hoe oud is jy nou?
22.

En toe jy die liedjie “Lyf” geskryf het?
17.

Dis ‘n volwasse tema vir ‘n jong mens. Ek weet nie, ek het dit net geskryf . . . Vir iemand spesifiek?
Nee.

Wat is vir jou die beste liedjie nog in Afrikaans?
Dis ‘n moeilike vraag. Ek sou sê “Vier seisoene kind” van Gian Groen.

Dink jy musiekvideo’s het die radioster doodgemaak?
Ja, en ek sal jou sê hoekom: As mense ‘n liedjie op die radio hoor, onthou hulle nie so maklik wie dit sing nie. OpTV sién hulle wie die sanger is.

Sou jy daarvan gehou het as genl. De Wet eerder as genl. De la Rey beroemd was?
Dit maak nie vir my saak nie.

Jou tweede hit is “Wat het gebeur in Aliwal-Noord”. Was jy al by daai spa?
Jy bedoel die warmwaterbron? Nee.

Dis glo in ‘n toestand.
Ek hoor so, dis glo baie vuil.

Het jy ‘n girlfriend?
Ja, sy swot rekeningkunde in Pretoria. Haar naam is Nadja.

Jy bly ook in Pretoria?
Ek sal Centurion verkies. Dis nader aan Johannesburg, waar die werk is. Met die Gautrein sal als oukei wees. Ek weet nie of ek met die trein sal ry nie. Ek sal eers kyk of dit werk.

Hoe verkoop jou CD’s?
Heel goed. Ek’s tevrede. Maar nou nie so goed soos steve Hofmeyr s’n nie!

Nie meer vir lank nie . . .
Ek moet nog hard werk om by Steve te kom. Ek het baie respek vir hom. Ek het respek vir sy vrou.

So is jy die nuwe Steve Hofmeyr?
Nee, ek is Albert de Wet.