sr0904lewedinge07
Ons praat met

5 minute met Darren (Wackhead) Simpson

Jou Tom Cruise-grap met ‘n Australiese radiostasie het baie aandag getrek. is dit waar dat hulle baie geld op bemarking bestee het?
Ja, sowat R1 miljoen.

Was hulle verseker?
Ek weet nie, maar hulle het baie meer publisiteit uit die grap gekry as wat hulle uit Tom se onderhoud sou kry. Dit was oral, op hul TV en in koerante.

Jy’t ook al met Britney gekgeskeer.
Ja, ek het haar probeer bel. Sy was in die hospitaal met die geboorte van een van haar kinders. Ek het dit nie reggekry om met haar self te praat nie, maar jy kon haar op die agtergrond hoor.

Hoekom is jy by East Coast Radio afgedank?
Ek was te edgy en is beskuldig dat ek te veel na “die ander kant” toe oorleun. Ek het die teenoorgestelde gedoen van wat hulle van my verwag het.

As jy moet kies: sal jy by Jacaranda 94.2 wou werk of in Australië woon?
Ek bly eerder in ‘n moeras in Australië!

Sal jy dan vir hul krieketspan skree?
Ja.

Wat maak iemand snaaks?
Mense tree snaaks op. Ander praat snaaks. ‘n Ander een sê snaakse goed.

Wat maak jóú snaaks?
Ek sê snaakse goed. Ek kan nie act nie en ek praat nie snaaks nie.

Wat is vir jou snaaks?
Toilethumor.

So jy is seker mal oor Schuster-flieks?
Ek dink Leon weet wat hy doen.