fanie_c
Ons praat met

5 Minute met Fanie Cronjé, SARIE se glans-man

So, Fanie, hou jy van sosiale geleenthede?
Baie. In hierdie stadium van my lewe is dit ‘n absolute groot plesier.

Hoe baie geleenthede woon jy by en moet jy soms juggle om by alles uit te kom?
Hierdie tyd van die jaar is daar letterlik elke dag meer as een ding aan. Dan moet ek kies watter een die belangrikste is. Maar sulke sosiale geleenthede is seisoenaal, want daar is tye in die jaar wat dit stiller is. Dis net vir my ironies dat dit hierdie tyd so besig is, wanneer almal eintlik al gedaan is.

Hoe kies jy waarheen jy gaan en is jy nie bang die ander dink jy is lelik omdat jy nie na hulle geleentheid toe gaan nie?
Ag, nee wat. Die een wat dink dis lelik, moet dit maar dink. Dis regtig net ‘n situasie. Ek’s seker hulle besef ek kan net een op ‘n slag bywoon. Dis in elk geval nie my skuld hulle hou hul paarties op dieselfde tyd nie. Daarvoor gaan ek nie verantwoordelikheid vat nie.

En hoe lyk jy as jy so ‘n geleentheid bywoon?
Ek hou baie daarvan om ‘n suit aan te trek, maar met die pantomime het ek byna gesmelt, want daar was iets fout met die lugverkoeling. Mense vra my of ek op ‘n eiland was, maar nee, ek was net by die pantomime. Ek het nie by die ewenaar rondgehang nie!

As jy nie by sulke geleenthede is nie, wat doen jy om te ontspan?
Dan gaan ek beslis uit vir ete saam met nog baie ander mense of ek gaan kuier by mense. Maar een van my gunsteling-goed is om met ‘n DVD by die huis te ontspan.

Jy is mos self eintlik baie bekend. So netwerk jy met die bekendes of netwerk hulle met jou?
Ek is nie seker oor hoe bekend ek is nie. Ek dink net ek het ‘n slag met mense, of hulle nou bekend is of nie, ek sien nie eintlik rêrig meer wie is bekend nie. Op die einde is dit vir my net mense. En kan ek vir jou nog iets sê, hulle is eintlik almal vir my blêrrie oulik, die hele lot van hulle.

‘n Voëltjie het in my oor gefluister jy gaan nou tweet! Is dit so?
Daai voëltjie het reg gefluister. Ek tweet al twee weke lank oor my sosiale lewe. Volg my maar!

* Volg Fanie op Twitter by fanie_sarie.

* Kry ook agter-die-skerms-aksie op SARIE se Facebookblad.

* In elke uitgawe van SARIE verklap Fanie als oor die voorbladgesigte se grimeer- en haarvoorkoms. Hy doen ook elke maand ‘n 5 minute-onderhoud met ‘n bekende. Moenie dit in elke maand se SARIE misloop nie!

Fanie se rooi tapyt-foto’s

 

  • http://dculmyyzruov.com/ vubzupz

    QBYp8M tknwxzfjvopc, [url=http://nrbagwlvzuqt.com/]nrbagwlvzuqt[/url], [link=http://rjrkpqmphttd.com/]rjrkpqmphttd[/link], http://ayjyuikgfuvp.com/

  • maggie

    wil nie lelik wees nie , maar chris verkleurmannetjie gee my ‘n vet pyn , hy is nou nie iets waaroor ek huistoe sal skryf nie