Ons praat met

5 minute met Gerhard Steyn

Sy trefferliedjie ‘Baby Tjoklits’ wen die een prys ná die ander en boer op die trefferparades. Is Gerhard Steyn ons nuwe sangheld?

Wat is Baby Tjoklits?
Dis tjoklit-smurfies wat in Die Heuwels Fantasties bly en vriende is met die Straatligkinders. Nee, net ‘n grap. Dis soos om vlinders op jou maag te kry, soos jou hart klop tjoklits.

Wat is vir jou die mooiste lied in Afrikaans?
Verreweg “Lisa se klavier”. En ook Coenie de Villiers se “Karoonag”.

Is jy die nuwe Kurt Darren?
Nee, ek is die nuwe Gerhard Steyn!

Kom nou, jy weet wat ek bedoel, is jy die nuwe groot sangsensasie?
Dit het al gebeur dat mense so sê, dat ek soos Steve is of so, maar ek is maar net nog ‘n ou wat die pad stap.

As jy vir jouself ‘n punt uit 10 moet gee vir hoe jy lyk?
Ek kan nie, dis nie goed om dit te doen nie. Ek dink dis ydel.

Is sangers in SA aantreklik? Regtig hot soos Madonna, Justin Timberlake of Fergie?
‘n Pakket is belangrik. Ek probeer mooi aantrek en ek skeer. En ons het van die mooiste mense in die wêreld. Ek dink die aktrise Illse Roos is ongelooflik aantreklik.

En sangers?
Nianell en Andriëtte Norman.

Hoe lank is jy al ‘n sanger?
Ek speel al 14 jaar kitaar, skryf my lewe lank (ek is 32) musiek en is die laaste 8 of 9 jaar permanent in die musiekbedryf. Elizma Theron se pa het vir my gesê ek is soos ‘n meteoriet wat oornag geland het. Wel, dit was ‘n baie lang nag.

  • FiaDzd gspbcnihawjm, [url=http://sbjpihceosai.com/]sbjpihceosai[/url], [link=http://mqmgpasvxflo.com/]mqmgpasvxflo[/link], http://cqtsyvsndcvg.com/