sr0907lewedinge_ray
Ons praat met

5 minute met Ray Dylan

Was “Hokaai stoppie Lorrie” jou eerste treffer?
Ja, dit was die titelsnit van my debuut-album.

Sjoe! Het dit verkoop?
Die CD het goud gehaal. En my jongste CD, Breek die ys, het dubbelplatinum verkoop.

Hoekom doen dit so goed?
As dit nie vir Select Musiek was nie, was ons nie nou waar ons is met die Ray Dylan-konsep nie. Kosie en Ernst, wat Select Musiek besit, beteken vir my ongelooflik baie. En dan natuurlik, wat jy saai sal jy maai.

Nou wat is daai Ray Dylan-konsep?
Ek kombineer rock- en countrymusiek. Vandat Afrikaanse musiek in die laat 90’s ‘n ommekeer begin maak
het met ouens soos Theuns Jordaan, Dozi, en Steve natuurlik, was daar nog nie só ‘n kombinasie nie.

Sê nou maar daar was ‘n ander kunstenaar wat jou soort musiek gemaak het, sou jý dit gekoop het?
Beslis. Ek moet bysê: Ek sit baie van my eie lewenservaringe en wat met my gebeur in my musiek.

“Hokaai stoppie Lorrie”?
Ek was in ‘n motorongeluk.

Gaan jy dit sê? Wat het gebeur?
Dit was kwart voor vyf in die oggend. Ek het my bakkie drie keer gerol. Moenie drink and drive nie!

Huisgenoot skouspel verlede jaar was ‘n groot stap vir jou?
‘n Ongelooflike ervaring. Jy tree voor 5 000, 6 000 mense op. Ek is nie seker hoeveel nie, maar dis in die Superbowl.

  • Amanda Snyman

    WOW -dis al woord wat ek aan kan dink , vir Ray Dylan
    ek het nog nooit een van sy vertonings gesien nie en
    die naweek was ons in klein kariba en hy het maadag aand 15 junie
    daar opgetree dit was fantasies , en toe hy nog hy reg voor my kom staan en sing het ek gedag ek gaan flou word
    ek is mal oor Ray se musiek styl en die manier hoe hy met sy gehoor en bewonderaars werk.

  • juanita nel

    hy mak my net gaga.geen nader woorde :)

  • Gail

    Hy is ;n lieflike mens. Ek het die voorreg gehad om hom persoonlik te ontmoet en moet se hy maak die girls se bene lam. Jammer hy is te jonk vir my maar enige ma se droom kind.

  • Eugenie

    Ray, jy is ‘n ware musikant in murg en been. Ek gaan sommer nou winkels toe en koop nog ‘n CD van jou. Jou stem doen dit vir my. Jy gaan nog baaaaaie ver kom in die lewe. O ja, jy en jou jong meisie pas pragtig by mekaar. Voorspoed vir julle tweetjies.

  • Natasha

    Ja ek is absuluut bezirk oor hom. Ek is nou wel twee jaar ouer as hy, maar hy is ‘n sexy ou ding. Ek woon baie van sy shows by en maak seker ek maak persoonlik by hom ‘n draai. Ek en my dogtertjie (11 jaar oud) is groot Ray fans, Hy kan maar elke aand in ons dorp Port Elizabeth kom sing ek sal elke vertoning bywoon. Al moet ek lenings of tweede en derde verbande op my huis uit neem om hom te kan sine. Hy is fantasties hy maak my bene lam.

  • Tannie Suzanne Mathews

    Ray Dylan

    Jy is die mees energieke kunstenaar en tog is jou optredes nie suggestief nie. Hou so aan.