Ons praat met

5 minute met Mej. Tiener Wêreld, Tayla Robinson

Tayla Robinson (16) van die Hoërskool Florida in Roodepoort is onlangs in Houston, Texas, gekroon as Mej. Tiener Wêreld.

Noudat jy skoonheidskoningin is, wat gaan jy doen?
Ek wil ‘n rolmodel wees vir ander tieners en vir liefdadigheidsorganisasies werk.

Dink jy skoonheidskompetisies is passé?
Ek weet nie. Ek doen dit omdat ek dit geniet. Dis opwindend, ek hou van die adrenalien.

Hoekom het jou kroning so min aandag in ons land gekry?
Skoonheidskompetisies is nie groot in SA nie, nie soos in Amerika nie.

Hoe is Amerika se Miss Teen America? Sy neem haarself seker baie ernstig op?
Aan die begin was sy baie oulik. Teen die einde van die wedstryd was sy nie meer so vriendelik met my nie.

Wat is dit aan Hoërskool Florida wat so baie bekende, suksesvolle mense oplewer? Soos Bertha le Roux (Emma) en Quinne Brown (Connie) van 7de Laan, Marlise Kapp van shine 4 en nog en nog?
Die skool pas ons mooi op en gee vir ons ‘n goeie opvoeding.

Het jy jul skool se eie Mej.-wedstryd gewen?
Ja, Mej. Florida Hoërskool.

En meisies by die skool?
Hulle is vriendelik, ek dink nie hulle is jaloers nie.

Jy’s eintlik Engelssprekend. Hoekom is jy in ‘n Afrikaanse skool?
Ek wou in ‘n gemengde skool wees waar daar verskillende mense is. En dit ís ‘n baie goeie skool.

  • Hyla

    Tayla, jy is pragtig! Bly altyd die meisie met jou voete vas op moeder aarde…