Ons praat met

5 minute met Zelda McCauley

Was jy emosioneel voorbereid op al die media-aandag?
Nie regtig nie. Ek hou nie van aandag nie, veral nie wanneer mense verwagtings van my het of my in ‘n boks wil druk nie.

Wou jy beroemd wees?
Toe ek jonger en nog by die modelwêreld betrokke was, wou ek ‘n danseres of aktrise wees. Die oomblik toe ek ‘n voorsmakie van die aandag kry, het ek besef ek hou nie daarvan nie.

Sal jy aan Strictly Come Dancing wil deelneem?
Ek sal dit met my man bespreek en hoor wat hy sê. Hy ondersteun my in alles wat ek doen.

is jy vandag spyt dat jy bekend is?
Ek beskou myself nie as ‘n celebrity nie. Ek en ray is baie in die openbare oog vanweë ons roeping.

Is die strand voor jou huis in Umhlanga Rocks nou herstel ná die storms verlede jaar?
Heeltemal. Ons het dit met plantegroei bedek om die branders te beheer en dit lyk nou stunning.

Wat was die “sandsteel”-storie?
Die getye het die sand weggekalwe. Ons buurman wou net goed doen en het gereken hy versprei dit weer op die strand. Ons was nie eens in Durban toe dit gebeur het nie.

Het jy al opgemerk hoe naby die naam Ray McCauley aan die naam Rhema Ministeries is?
Dis net toevallig. “Rhema” is ‘n Griekse woord wat “die gesproke woord van God” beteken. Ray sal nie so arrogant wees om ‘n kerk na homself te noem nie. Sy naam is eintlik Raynor.