sr1208_olimpiese_atlete_9_
Ons praat met

7 dae tot die Spele: Khotso Mokoena gesels

Wat is jou kanse op sukses?
Ek wil goeie resultate bereik. Ek is ’n baie positiewe mens.

Nét voor jy spring, wat gebeur alles in jou kop?
Ek doen baie min dinge voor ek spring. Ek fokus op alles waaraan ek só lank só hard gewerk het. Ek raak vir ’n kort rukkie ’n bietjie angstig, daarna effens aggressief, en dán raak ek gereed om die sand te “beveg”.

Wat is die beste raad wat jy tot dusver voor ’n kompetisie gekry het?
My pa sê altyd ek moet deelneem asof dit my laaste keer is!

Hoe lyk jou oefenprogram?
Sondag is my enigste rusdag. Vroeër het ek Donderdae ook gerus, maar die werk, ook geestelike voorbereiding, het só toegeneem dat dinge moes verander.

Sien jy uit na die spele?
Ek was reeds by twee Olimpiese Spele – in Athene en Beijing – en daar is altyd wonderlike oomblikke wat jy nooit sal vergeet nie. Dis ’n droom en dis ’n uitdaging, en ja, Londen is ’n lieflike stad. Ek dink dit gaan ongelooflik wees. Die Britte is baie vriendelike mense.