FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

7de Laan se Melanie du Bois: ‘Ek worstel elke dag’

Die 7de Laan-aktrise Melanie du Bois se ouer suster en susterskind het binne drie maande van mekaar selfdood gepleeg. Sy stap ’n lang, moeilike pad, maar glo: eendag sál dit beter gaan …

Sy sien dit nog voor haar, asof dit gister was: Haar oudste suster, uitgestrek op die agterstoep van haar huis in Johannesburg, die paramedici wat spook om haar by te bring, gehurk langs haar liggaam.

Die aktrise Melanie du Bois se stem klim ’n oktaaf, haar mondhoeke trek ondertoe.

“Ek het alles verloor. Ek weet nie. Dit was die einde van iets in my. Ek weet nog nie wat nie. Elke keer wanneer ek my oë toemaak . . .”

Sy skud haar kop, sy kan nie haar sin klaarmaak nie. Dan haal sy ’n snesie uit die pakkie wat sy deesdae oral saamdra, vee onder elke oog.

Want vroeër vanjaar het die ondenkbare gebeur. Haar sus, Lucia Wilson, het haarself in April in haar jongste seun, Michael, se motor vergas, drie maande nadat Michael homself aan sy T-hemp in ’n polisie- aanhoudingsel opgehang het.

oktober 2015 okt carlize earle voorbladgesig

Lees die volledige onderhoud met Melanie eksklusief in ons Oktober-uitgawe – nou te koop.