bernard1
Ons praat met

7de Laan se nuwe ‘hunk’ Bernard oor sy eerste dag op stel

Werner Coetser is die nuwe ‘hunk’ in 7de Laan, en hy speel die rol van Bernard, Tim Jordaan (Marius Weyers), se seun. Hy gesels en wys sy foto’s op die nuwe 7de Laan-webtuiste, en hier’s ‘n voorsmakie…

Hoe het jy by 7de Laan beland?
In jou derdejaar drama doen jy ‘n openbare oudisie vir die publiek, en soos wat dit moes gebeur, was die casting director van 7de Laan daar en het my toe genooi vir ‘n oudisie.

Hoe voel jy om 7de Laan se nuwe “hunk” te speel?
Ek sien myself nie as ‘n hunk nie, maar wel vir Bernard as een. Ek is maar net ‘n doodgewone ou soos elke een daar buite.

Beskryf vir ons jou eerste dag op stel.

Ek onthou dit so goed soos gister, ek was doodbang vir wat vir my gewag het. Jy sien al hierdie mense vir wie jy elke aand op die TV kyk, en nou staan hulle saam met jou in dieselfde vertrek. Jy konsentreer so op jou woorde dat jy vergeet om te loop en sodra jy loop, vergeet jy jou woorde! Dit het net doodeenvoudig gevoel of ek wil omval – die oomblik was oorweldigend.

Hoe voel dit om teenoor groot name soos Marius Weyers te speel?

Dit is die grootste eer om teenoor hom te speel en net so ook die res van die 7de Laan-span. Om saam met mense te speel wat soveel wysheid en talent het, is een van die beste dinge wat nog ooit met my gebeur het. Die hoeveelheid kennis en insig wat jy opdoen terwyl jy saam met hulle speel, is onbeskryflik.

Het jy enige stokperdjies?
Om klippe te versamel. Gimnasium toe te gaan of te draf. En om video-speletjies te speel.

Om deur sy foto-album te kyk en nog te lees, klik by www.7delaan.co.za

  • Christelle van Staden

    Baie oulik – jy het al klaar in ons harte gekruip!

  • paul de klerk

    Hy act maar baie artificial.Probeer meer natuurlik wees, ek weet jy is nog jonk en onervare maar op die oomblik irreteer jy meer as wat jy vermaak en dis die meeste van my kennise se indrukke.
    Paul

  • http://www.sarie.com roos

    YUMMY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! kan ons nie ontmoet by oppiekoffie vir n milkshake nie? lol….

  • precious mthethwa

    ek hou baie van julle se^ storie dit is oulik en baie interesant dit het my leer om beter afrikaans te praat

  • SEBASTIAAN WILLEMAN

    DIT IS BAIE VOORSPELBAAR EK HOU BAIE DAAR VAN!!!