sr1005binne05
Ons praat met

7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel

Melanie du Bois (Felicity Daniels) oor haar ervaring by 7de Laan

7de Laan beteken vir my . . .

Toe ek verlede jaar vir my in vitro-behandeling gegaan het, het almal by 7de Laan my ondersteun. Jo da Silva (Gita) het my inspuitings vir my gegee, en as ek ‘n skouer nodig gehad het om op te huil, was daar altyd iemand. Dit was een van die moeilikste tye van my lewe en daardie ondersteuningstelsel het my krag gegee om deur die behandeling te kom, veral toe dit nie suksesvol was nie.

My gelukkigste herinnering is toe almal vir my ‘n ooievaarstee gehou het, sommer op stel. Ek het dit glad nie verwag nie. Roxy (my dogtertjie) het so baie geskenke gekry. Ek is al nege jaar by 7de Laan en dis wonderlik om te sien hoe my karakter oor die jare verander het – van ‘n winkelassistent tot iemand wat haar eie boetiek het waarvoor sy self die klere ontwerp.”

Oor die volgende tyd gaan ons gesels met ‘n paar van jou gunsteling Laan-akteurs oor hul ervaring by 7de Laan. Matrone, Tim, Mandla, Aggie en ander is wie jy na kan uitsien!

  • Corne Combrinck

    Dis nou Nice! Dankie. 7de Laan is TOPS!!!

  • Corne Combrinck

    Ek hou baie Felicity. SO BLY sy het geluk gevind by Herman. Sal nice wees om weer bieki trouklokke te hoor – veral vir FELICITY???

  • http://www.delfran.co.za Francois I Ferreira

    Ons wil ook van hulp wees vir jou. Jy het hulp gesoek vir nog ‘n in vitro behandeling. Ons het dalk vir jou ‘n oplossing wat ook baie ander paartjies wat nie IVB huidiglik kan bekostig nie sal help. Ons (Delfran) verskaf reeds baie produkte aan die meeste IVB klinieke in Suid Afika. Kontak my gerus oor ons nuwe IVB produkte wat die koste van IVB behandeling aansienlik kan verminder en dus meer bekostigbaar maak.

  • glppxlzdkn

    awhgA4 zkvuqdrcszca, [url=http://djbbkaralxqy.com/]djbbkaralxqy[/url], [link=http://jkkcmhwnuxkk.com/]jkkcmhwnuxkk[/link], http://rvqoetbukmxh.com/

  • Moeg gekyk na SNERT

    Gita is ‘n pyn , hoekom het sy weer terug gekom? Sy moes liewer gebly het!!!

    Vince en Bonita pas perfek bymekaar, dis ‘n baie oulike paartjie.

    Vir wat moet Simpel Neville, Charmaine, Zander en Vanessa hulle so inmeng in ander mense se sake…grrrrr, maak mens sommer kwaad.

    Die storie raak eintlik na my mening meer "stupid" by die dag, dis nie meer oulik nie.

    Alles reeeek te lank en dinge raak afgesaag viral met Bonita en Vince, mensig, hoe kan sy haar dan nou nog Bewys voordat hulle in haar sal glo hê??

    Nee wat, as jy ‘n week of 6 mis van die storie mis, mis mens eintlik maar niks nie.

    Die hele moraal van die storie het benede nul gedaal die afgelope jare…baie SAD eintlik dat Afrikaanse stories altyd ‘n "common" draai moet gooi.

    Kyk maar na Egolie en Binnelanders is ookal nie veel beter nie.

    Ek hou van stories, maar mense "Common" is maar "Common"!!

    Hierdie tipe stories Breek die "Afrikaner" volk AF, daar is niks opbouens daaraan nie, sowaar!

    Ek het dit geniet om te kyk, maar die laaste paar jaar…AG NEE WAT!!