sr1208_olimpiese_atlete_8_
Ons praat met

8 dae tot Spele: LJ van Zyl gesels

Hoe voel dit om weer deel te wees van die span?
Ek is dié keer meer opgewonde as in 2008, seker omdat ek weet hoe spesiaal ’n Olimpiese Spele is. Dit bly ’n groot eer.

Jou grootste mededinger?

Dis moeilik om atlete uit te sonder, maar ek dink die Amerikaners. Hulle vaar altyd goed by ’n Spele.

Jy’t in Beijing vyfde gekom in die eindronde. Wat wil jy hierdie keer bereik?
Ek droom daarvan om ’n medalje terug te bring.

Watter struikelblokkemoes jy al oorkom?
Ek het as seuntjie polio gehad. Ek het simptome gekry toe ek drie jaar oud was en eers op ses behoorlik begin loop, maar ek het volkome herstel. Ek glo dis omdat ek altyd so rondgehardloop het. Dis een van die redes hoekom ek so dankbaar is vir atletiek en hoekom dit vir my so heilig is.

Hoe voel jy in daardie sekonde voordat die geweerskoot klap?
Ek voel lam en het gewoonlik geen idee hoe ek oor die eerste hekkie gaan kom nie.

Het jy enige bygelowe wanneer jy deelneem?
Ek hardloop altyd met ’n swart Jockey-onderbroek en polly shorts. Ek hou nie baie van die stywe nommers nie.

Jou verloofde, Irvette van Blerk, gaan ook aan die Spele deelneem . . .
Kan ons vir ’n beter jaar vra? Ons gaan saam Spele toe en trou twee maande daarna. Dit gaan baie spesiaal wees om tydens die openingseremonie langs mekaar te stap