36450_423925811952_676031952_5039388_2045652_n_300x298
Ons praat met

AB de Villiers, Snotkop en Ampie du Preez

Sy debuut-album saam met Ampie du Preez is landwyd beskikbaar. Snotkop sing (of dan: kletsrym) lekker saam op nommer 2 op die album (”Forgiveness”).

In 2008 het AB en Ampie die motiveringsliedjie “Show them who you are” uitgereik. Die liedjie het ‘n soort lofsang geword toe die Proteas die Aussies geklop het en van toe af het AB die liedjie gekies om gespeel te word wanneer hy as kolwer vir Suid-Afrika op die veld uitstap, berig abdevilliersfan.com

AB en Ampie se album heet Maak jou drome waar. Hulle sing nie net op die album nie, maar het ook self die liedjies geskryf en speel ook kitaar. “Lyk my daar is niks wat die man nie kan doen nie,” sê ‘n aanhanger van AB op sy musiekvideo (kyk hieronder). Behalwe vir krieket, speel AB ook tennis en gholf. AB sê die beste advies wat iemand al vir hom gegee het kom van Jonty Rhodes: “Take every innings ball by ball.”

AB se gunstelingliedjie op die CD is “Madibaland”, wat hy en Ampie vir oudpresident Nelson Mandela geskryf het. Die CD bevat 5 Engelse en 8 Afrikaanse liedjies.

AB en Ampie het verlede week met hulle CD-bekendstelling in Pretoria ook sowat R50 000 ingesamel vir die ‘Reach for a Dream’-kinderfonds.

Wat jy nie van AB geweet het nie

Sy gunsteling

Boek: Die Bybel

Liedjie: Needs deur Collective Soul

Aktrise: Kate Beckinsale


Hy het in Pretoria grootgeword en skoolgegaan by Affies (Afrikaanse Hoër Seunskool) waar hy in die koshuis gebly het. Sy gunsteling-vak op skool was Biologie, wat nogals sin maak siende dat sy pa ‘n dokter is.

 
Sterkte aan die Proteas wat oor ‘n paar dae op eie bodem teen Indië sal kragte meet.
Kyk Maak jou drome waar se musiekvideo:

  • http://mzdafcpufnot.com/ rnlcdk

    Szjr3L obvrrwzxctmc, [url=http://emnbzczkkfsn.com/]emnbzczkkfsn[/url], [link=http://izcmaitvvjdp.com/]izcmaitvvjdp[/link], http://gblfumtjvchr.com/