Ons praat met

Adriaan Basson gesels oor werk en ontspan

Adriaan Basson, skyrwer en assistent-redakteur van City Press, gesels op video met SARIE se Phyllis Green oor korrupsie, hoe hy as kind was en hoe hy dit regkry om te ontspan.

Sy tweede boek, Zuma Exposed* (Jonathan Ball), het in Desember verlede jaar die lig gesien, maar Finish & Klaar: Selebi’s Fall from Interpol to the Underworld (Tafelberg) het Adriaan reeds in 2010 gevestig as een van die land se topondersoekende joernaliste.

Vandag is hy assistent-redakteur van City Press, maar soos alle joernaliste het hy onder begin.

“Toe ek begin het, moes ek my eie stories soek. Niemand het my geken of bruin koeverte met dokumente afgelaai nie, maar dit was heerlik! Daardie eerste deurbraak of mens wat jy oortuig om met jou te praat is ’n groot mylpaal. Later ontwikkel jy ’n reputasie as ’n betroubare en akkurate joernalis en nader mense jou met stories of leidrade. Maar ek maak ’n punt daarvan om steeds my eie stories te soek, anders raak jy lui of word jy aan die neus rondgelei.”

Lees die volledige onderhoud in jou April-uitgawe van SARIE.

* Lees die onderhoud met Adriaan Basson oor Zuma Exposed hier.