sr0905sielsdingecoenie
Ons praat met

Afrikaanse sangers hou Haïti-konsert

Die sangeres Chereé is soos miljoene mense wêreldwyd aangeraak deur die ramp in Haïti. Daarom nooi sy en Rapport jou na ‘n geldinsameling-konsert.

Waar? Carnival City se Big Top-arena,
Wanneer? Sondag 31 Januarie

Tyd? 14:00 tot 18:00.

Wie’s almal daar? Sowat 21 ander kunstenaars sal gratis vir hierdie doel optree. Coenie de Villiers, Sonja Herholdt, Nedine Blom, Chrizaan, Patricia Lewis, Sorina (die flerrie van 7de Laan), Helene Bester, Natasha en Willie Joubert, Chereé en Wynand, Jakkie Louw, Kevin Leo, Die Broers (Christo en Kobus Snyman en Nic Stevens), Bobby Angel en Billy Forest gaan optree.

Kaartjies kos slegs R100 en verdere besonderhede sal hierdie week in Beeld en op Radio Rippel en Oos-Rand Stereo verskaf word. ‘n DVD sal ook ná die konsert te koop wees.

Koop die internasionale Haïti-album op Amazon.com

Kyk die video van die internasionale Haïti-konsert (gehou in Londen, New York en Los Angeles) met meer as 100 sterre wat hul steun gegee het. Dit is waarskynlik die grootste geleentheid in die geskiedenis van die uitsaaiwese.

  • http://cieyjhgxqerd.com/ jkxtmvng

    3c3Jsf navnwfevgahx, [url=http://amptloibalst.com/]amptloibalst[/url], [link=http://nojqdolfqonq.com/]nojqdolfqonq[/link], http://euzjrnyeeqla.com/