apr_2013
Ons praat met

Agter die Corlea-skerms: Musiek is my terapie

Elke keer wanneer sy op die verhoog stap, wonder Corlea Botha of sy vir die gehoor kan gee wat hulle wil hê. Gaan hulle sien hoe onseker sy voel? Keer op keer knaag ’n bang-gevoel aan haar al sing sy al 20 jaar lank. Dit is eers wanneer die applous begin, en die mense só vir haar erkenning gee, dat sy begin ontspan. Nes die feetjie Tinker Bell in die kinderverhaal Peter Pan wat net kan bly leef as kinders vir haar hande klap, sê sy. “Dít is hoe ek voel met élke vertoning.”

Om onseker te voel is onnodig, want sy is een van die beste vrouestemme in die land, het die liedjieskrywer en musiekvervaardiger Johan Vorster al van Corlea gesê. Sy is begaafd en veelsydig. G’n wonder Nataniël het haar gekies om in sy nuwe Emperors Palacevertoning* in Johannesburg, fACTORy, op te tree nie.

Toe hy Corlea verlede jaar vir die eerste keer hoor sing, het hy haar onmiddellik gevra om deel van die vertoning te wees, vertel Nataniël. “Haar stem is ongelooflik. Sy kan eenvoudig enigiets doen…”

**Lees die volledige onderhoud in die April-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 18 Maart op die rak.

TEKEN IN OP SARIE/SARIE KOS

Hier’s ‘n eksklusiewe video met Corlea agter die voorbladskerms