Ons praat met

Agter die skerms by SARIE en die KKNK

Dit kook by vanjaar se KKNK! Afri-Frans het met groot sukses afgeskop, die SARIE-stalletjie en -koffiewinkel is besig en baie van julle het al kom hallo sê.

SARIE se Nerisa Coetzee skryf:

“SARIE se Afri-Frans is uitverkoop en die eerste show gisteraand het my hoendervleis gegee. Van die grootkoppe op Oudtshoorn het al meer as een show kom kyk, wat net bewys dit is ‘n wenresep. Dit is ongelooflik hoe diep die Franse Myra Maud in Suid-Afrikaners se harte ingekruip het met haar sjarmante verhoogpersoonlikheid – dit is waar wat hulle se oor Franse vroue – dat hulle alles met soveel styl doen. Die oomblikke tussen Myra Maud en Laurika Rauch en ook die tussen Laurika en Matthys is regtig besonders – van die gehoor was self in trane. Stuur Groete aan Mannetjies Roux is met ‘n staande ovasie toegejuig en die vertoning is nog meer merkwaardig as ‘n mens in ag neem dat Myra nog net 2 dae in die land is en die kunstenaars weinig tyd gehad het vir repetisies.

Michélle en Sarah Theron

“Die Nissan Qashqai – SARIE se fees-wiele, ry soos ‘n droom en ons voel vreeslik sexy wanneer ons rondrits om betyds te wees by al ons produksies. Michelle is juis nou daarmee weg om ‘n middagete saam met Kwêla en die Afri-Frans-span op Buffelsdrift te gaan bywoon.

“Maak seker jy loop nie Hennie van Greunen se God van Chaos mis nie! Ek dink ons almal ken sulke “snobs” en die trane het geloop soos ek lag. SARIE sien ook uit na Nataniel se Swanemeer en Mathys Roets se Droomvrouens shows volgende week.

“In die SARIE-koffiewinkel is dit besig, besig, besig. En die kliente is dit steeds eens – ons restaurant het die heel lekkerste wortelkoek in Outdshoorn. As jy lus is vir gesonde feeskos – ons bedien ook vars slaai, quiche en wraps. Koop sommer jou SARIE by die SARIE-stalletjie en jy kry ‘n GRATIS koppie koffie by ons koffiewinkel.”

  • Linda Lochner

    Ai, wens ek was daar! Soek julle nie nog vrywillige helpers nie? Die klomp mans in my huis maak my mal!!

  • veralda schmidt

    daai Qashqai van julle is regtig sexy.

  • Eureka Coetzee

    Ek volg elke oomblik van Afri-Frans vanuit Australië en die manier waarop Nerisa uitwei oor die gebeure doer ver kan ek proe, ruik en voel aan die lekkerkry. Sy maak die verlange makliker, lekkerder en regtig.